Plaasaanvalle: ‘90% oor roof’

2012-02-21 22:53

In 90% van plaasaanvalle is die bedoeling om te roof en in net 2% gevalle is dit politiek of rassisties gemotiveerd.

“In 7% van gevalle hou dit verband met loongeskille,” het mnr. Kerwin Lebone van die Instituut vir Rasseverhoudinge in Johannesburg gister gesê.

Volgens Lebone is dié syfers verkry in ’n studie waar onder meer polisiedossiere van plaasaanvalle tussen 1991 en 2003 bestudeer is.

“Meer onlangse studies het min of meer dieselfde resultate opgelewer, maar baie mense glo steeds plaasaanvalle is ras- of politiek gemotiveerd.”

Lebone se statistieke kom te midde van vrae oor plaasaanvallers se motiewe nadat ’n melkboer van die Buffelshoek-omgewing in Noordwes eergister op sy plaas doodgeskiet is. Dis die jongste van talle plaasmoorde sedert Januarie in Noordwes.

Die rowers het eergister met mnr. David Hall (48) se motor gevlug sonder om enigiets anders te roof. Sy familie is oortuig hulle het na die plaas gekom met die uitsluitlike doel om Hall te vermoor omdat hulle met feitlik leë hande weg is.

“Ons glo hulle is aangedryf deur uitlatings deur mense soos (die ANC-jeugleier) Julius Malema,” het Hall se broer, Peter, gesê. “Hulle wil boere van plase verjaag om (eindelik) hul grond te vat.”

Volgens mnr. Boeta du Toit, uitvoerende hoofbestuurder van Agri-Noordwes, is daar geen bewyse dat plaasaanvalle politiek gemotiveerd en georkestreerde volksmoord is nie. “Die motief is meestal misdaadgerig, maar onverantwoordelike politieke uitlatings en vakbonde se beskuldigings van rassisme skep ’n klimaat van brutaliteit. Dit eskaleer tot verkragtings en moord. Wraakgevoelens kan ook ’n rol speel.”

Volgens Du Toit wil plaasaanvallers veral wapens en geld roof, onder meer weens die wanopvatting dat boere baie kontant en wapens het. Hy raai boere aan om ook self verantwoordelikheid te aanvaar vir hul persoonlike veiligheid in hul eie gemeenskappe (sien kassie hierby).

Brig. Thulani Ngubane, kommunikasiehoof van die polisie in Noordwes, het gesê misdadige gedrag is die hoofoorsaak van plaasmoorde, net soos in die geval van township- of enige ander moorde. “Misdadigers teiken dikwels plase omdat dit afgeleë is. Ons beskou plaasmoorde net so ernstig soos ander moorde.”

Mnr. Solly Pheto, provinsiale sekretaris van Cosatu in Noordwes wat boere gereeld van rassisme beskuldig, het gesê misdadigers en nie plaaswerkers nie, val boere aan. “Moord is onaanvaarbaar, ongeag die motief. Plaasaanvalle vernietig die verhouding tussen boere en hul werkers.”

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Management Finance Reporting

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Business Solutions Consultant

Cape Town
Communicate Cape Town IT
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

LAND ROVER

Discovery 2.5 TD5 ES 4x4 Dsl AT
2004
R 229,000.00

LEXUS

IS 250
2006
R 280,000.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Comfortline 5-dr
2003
R 95,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.