Plaasvrou tien keer gesteek

2012-02-15 21:45

Me. Reinetha Venter se motor is die dag ná die rooftog uitgebrand naby die plaas gevind.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Aanvallers het ’n plaasvrou minstens tien keer met ’n mes in haar hande gesteek om haar mes by haar af te neem.

Hulle het me. Reinetha Venter (59) se bloeiende hande toe agter haar lyf vasgebind en haar en haar dogter, René (27), ’n uur lank aangehou.

Toe hulle weg is en die polisie sowat twee uur later opdaag, moes Venter sr. die beamptes probeer oortuig dat dit ’n huisrooftog was en nie ’n inbraak nie.

“Die polisie het heeltyd gesê dit is huisbraak,” het sy gister gesê.

“Ek het aanhoudend gesê dit is ’n plaasaanval. Toe vra hulle hoekom is ek op my hande gesteek en of ek my mes teen hulle (die rowers) wou gebruik.

“Natuurlik wou ek. As ek ’n vuurwapen gehad het, sou ek hulle geskiet het. Dis asof hulle (die polisie) my wou blameer vir die voorval.”

Venter sr. is die suster van kol. Gawie Alberts, stasiebevelvoerder van die Villieria-polisiekantoor in Pretoria.

Sy en haar dogter bly alleen op ’n plaas sowat 30 km van Modjadjiskloof (Duiwelskloof).

Ná haar man se dood twee jaar gelede moes sy sy vuurwapens in veilige bewaring sit.

Sy het ook haar vuurwapen in veilige bewaring geplaas omdat sy verlede jaar grotendeels oorsee was.

Venter sr. het Sondag omstreeks 20:45 TV gekyk toe sy ’n groot slag hoor. Haar dogter het in haar kamer geslaap.

“Daar was weer ’n slag en toe is hulle binne die huis.”

Venter jr. het weens die slag uit haar kamer gekom. Sy en haar ma is tot op die bank gedwing.

“Ek het ’n messie wat ek altyd by my dra, uitgepluk. Een het dit gesien en my hande vol gate gesteek om die mes by my te kry,” het Venter sr. gesê.

Die twee vroue se hande en voete is vasgebind.

Venter jr. het haar ma heeltyd gevra of sy oukei is.

Hul gepraat het die vier aanvallers omgekrap. Venter jr. is in die toilet toegemaak en haar ma is kamer toe gedra.

“Die leier van die groep was aggressief. Maar as hy weg was, het die ander vir my gevra of ek oukei is,” het Venter sr. gesê.

Ná sowat ’n uur is die aanvallers weg met selfone, elektroniese ware, juwele en Venter sr. se motor.

Venter jr. het haar losgewikkel, haar ma losgemaak en die bure gebel.

Die bure het die Modjadjiskloof-polisiekantoor gebel, maar niemand het die foon geantwoord nie.

Uiteindelik het hul die Soekmekaar-polisie in die hande gekry wat hul Modjadjiskloof-kollegas laat weet het.

Dié het sowat twee uur later opgedaag. Die polisie het vier verklarings by Venter sr. geneem waartydens sy “alles tien keer moes herhaal”.

Lt.kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het gesê die motor is Maandag uitgebrand naby die huis gekry.

Volgens Otto sal die polisie Venter se klagtes oor die beamptes ondersoek.
 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Management Finance Reporting

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Business Solutions Consultant

Cape Town
Communicate Cape Town IT
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

LAND ROVER

Discovery 2.5 TD5 ES 4x4 Dsl AT
2004
R 229,000.00

LEXUS

IS 250
2006
R 280,000.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Comfortline 5-dr
2003
R 95,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.