Plaaswerker byt vinger af toe twee stry

2012-02-10 22:23

’n Plaaswerker van Komatipoort in Mpumalanga is die eerste lit van haar pinkie kwyt nadat ’n ander werker dit glo gisteroggend afgebyt het.

Die twee vroue, onderskeidelik 50 en 28 jaar oud, is albei kontrakwerkers op die suikerrietplaas van mnr. Frik Botha. Hy het gesê die twee het vroegoggend in ’n woordewisseling betrokke geraak.

Hulle was saam met sowat 25 ander werkers agterop ’n vragmotor van die Naas-woongebied af op pad na die plaas Kiaatbult op die Strydomblok-pad.

Volgens Botha het die ouer vrou glo aan die jonger vrou gestamp en ’n bakleiery het ontstaan. “Toe hulle by die plaas aankom, het ek net die onaardse geskree gehoor.

“Die ander werkers het die jonge as ‘inja’, wat hond beteken, uitgejou.

“Dit is eers toe dat die vrou vir my sê haar vinger is afgebyt. En hier steek sy haar oop hand na my toe uit en die afgebyte stukkie lê daarin. Die vrou is baie taai. Sy het nie eers ’n traan gepink nie.”

Die polisie het die jong vrou later van die plaas verwyder nadat die ander werkers geweier het om saam met haar te werk.

Die beseerde vrou is in die Shongwe-hospitaal opgeneem, maar haar vinger kon nie gered word nie, het Botha gesê.

Die name van die twee vroue is nie bekend nie.

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

LAND ROVER

Discovery 2.5 TD5 ES 4x4 Dsl AT
2004
R 229,000.00

LEXUS

IS 250
2006
R 280,000.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Comfortline 5-dr
2003
R 95,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.