‘Polisie het my verkrag’

2009-10-27 01:27

Mnr en Mev Olivier

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Twee polisielede in uniform het ’n Oos-Randse ma van drie jong kinders na bewering eergister in die vroeë oggendure herhaaldelik verkrag.

Nadat me. Martie Olivier (29) se man, Sarel, daarvan uitgevind het, is hy woedend na die Kempton Park-polisiekantoor waar hy verskeie polisielede met die vuis geslaan het voordat hy in bedwang gebring is.

Toe die egpaar later ’n klag van verkragting wou indien, wou polisielede by dieselfde kantoor nie hul verklarings afneem nie.

Hoewel verkragtingslagoffers normaalweg nie geïdentifiseer mag word nie, het die Oliviers toestemming gegee dat hul name en foto’s gepubliseer word.

Volgens die egpaar het hulle Saterdagaand by mnr. Olivier se ouers in Birch Acres gebraai, waarna hulle by ’n nabygeleë kroeg ’n drankie gaan drink het.

Hul nagmerrie het kort ná middernag op pad huis toe begin toe mnr. Olivier in ’n huis se oprit ingedraai en weer agteruit gery het om ’n U-draai te maak.

’n Gemerkte polisievangwa het toe skielik voor die egpaar se Toyota Run-X stilgehou. Twee mans in polisie-uniforms het uitgeklim en die motor se deur aan die bestuurderskant oopgeruk, het mnr. Olivier gesê.

Hulle het hom toe glo sonder enige verduideliking agter in die vangwa gegooi.

“Die een polisieman het na my gekom en gevra wat ek bereid is om te gee vir my man om los te kom,” het mev. Olivier gesê.

Sy het R400 wat sy by haar gehad het, aan hom gegee, waarna hy gevra het: “Is jy regtig lief vir jou man? Is daar nie meer wat jy kan doen nie?”

Die polisiebeampte het toe glo agter die stuur van die egpaar se motor, met mev. Olivier nog daarin, ingeklim en na die Kempton Park-polisiekantoor gery.

Die vangwa het agterna gery.

“Sowat 200 m van die polisiekantoor het ek gesien ons motor trek van die pad, maar ek het niks daarvan gedink nie. Dis mos polisie,” het mnr. Olivier gesê.

By die polisiekantoor het die polisielid wat die vangwa bestuur het, die deure agter oopgeswaai en glo aan mnr. Olivier gesê dat hy dronk bestuur het, maar nou “kan gaan”.

Die ander polisiebeampte het na bewering kort daarna in die Run-X met mev. Olivier op die passasiersitplek langs hom by die polisiekantoor aangekom.

Toe mnr. Olivier langs haar in hul motor klim, het sy gesê sy is verkrag.

“Sy het getraumatiseerd gelyk en ek kon sien haar onderklere is geskeur,” het hy gister vertel.

Hy is hierna die polisiekantoor in, waar hy sy woede op verskeie polisiebeamptes uitgehaal het. Sy regterhand was gister nog verbind nadat hy dit in dié aanval beseer het.

“Toe ek weer by my motor kom, was my vrou weg. Ek het gedink sy het weggehardloop.”

Sy het vermoedelik haar bewussyn verloor nadat een van die polisielede glo haar kop teen die instrumentpaneel gestamp het terwyl mnr. Olivier in die polisiekantoor was.

Volgens mev. Olivier was twee polisielede by haar in die motor terwyl haar man in die polisiekantoor was.

Volgens mev. Olivier het sy vermoedelik veel later eers op die sitkamervloer van ’n onbekende huis haar bewussyn herwin.

Haar volgende herinnering is toe ’n veiligheidswag haar in die tuin van die Boston-sake­kollege wakker skud.

“Hy het my gevra hoekom die polisie my hier afgelaai het. Ek kon hom nie antwoord nie,” het sy gesê.

Ná ure se gesoek het mnr. Oliver sy vrou eindelik om “presies 07:20” in ’n gehawende toestand vanaf die Boston-sakekollege sien stap.

Hy het haar onmiddellik weer na die polisiekantoor geneem, waarna sy by ’n nabygeleë traumasentrum medies ondersoek is.

Getuienis van ’n verkragting is aan haar liggaam en rok gekry. Sy het ook sigbare beserings gehad.

By Beeld se besoek gister aan die egpaar was ’n reuse-knop aan mev. Olivier se voorkop sigbaar.

“Ek het krapmerke en blou kolle tussen my bene en aan my lyf. In ons motor was daar ook bloed van die eerste keer dat ek verkrag is,” het sy gister gesê.

Mev. Olivier gebruik sedertdien antiretrovirale middels om haar teen MIV/vigs te beskerm.

Die Oliviers het gister klagte van verkragting, aanranding en omkopery ingedien.

“Ek was so benoud toe ek die klag moes gaan lê. Ek wou nie eens soontoe gaan nie. Ek vertrou nou niemand nie,” het sy gesê. Sy is egter vasberade om “sterk te wees”.

Hoekom SAPD nie help: Mev. Martie Olivier het “te onsamehangend gepraat” vir die polisie om haar verklaring af te neem nadat sy na bewering deur polisielede verkrag is. So het supt. Eugene Opperman, Gautengse polisiewoordvoerder, gister gesê oor waarom Olivier nie dadelik ’n klag teen haar aanvallers kon indien nadat sy na bewering verkrag is nie. Volgens Opperman kon Olivier ook “te min onthou” en het sy nie genoeg inligting verskaf nie. Sy is wel medies ondersoek en die Olivier-egpaar se Toyota Run-X is ook ondersoek. Voorts is klagte van verkragting, aanranding en omkopery uiteindelik gisteroggend ingedien en die egpaar se verklarings is afgeneem. “Die saak word nou ondersoek,” het Opperman gesê. Sr.supt. Vish Naidoo, polisiewoordvoerder, het bygevoeg klagte van dié aard word in ’n baie ernstige lig beskou.

- Beeld

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Designer

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Sub-editor: Visi

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

IT Risk consultant

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R300,000-400,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...