Polisie se regshoof geskors

2010-03-05 22:52

Die polisie se hoof van regsdienste is vandeesweek weens bewerings van bedrog geskors.

Supt. Lindela Mashigo, nasionale polisiewoordvoerder, het gister bevestig afd.komm. Lindiwe Mthimkulu is geskors, maar wou niks meer bekend maak nie.

Beeld het verneem Mthimkulu is onder meer departementeel aangekla weens bewerings dat sy staatsvoertuie misbruik het.
Dit is nie bekend wanneer die departementele verhoor sal plaasvind nie.

Mail & Guardian het in Desember 2008 berig die destydse departement van veiligheid en sekuriteit het toe al bevestig dat Mthimkulu aan ’n interne ondersoek onderwerp is.

Die departement wou toe ook nie besonderhede van die ondersoek bekend maak nie.

Bevestiging van dié ondersoek het ná die bekendmaking van ’n verslag gekom wat lui dat die polisie se regsafdeling in ’n gemors is.

“Mthimkulu se bestuurstyl en haar gebrek aan vaardighede is as van die grootste bydraende faktore tot die wanorde in die (regs)afdeling geïdentifiseer,” lui die berig.

Me. Dianne Kohler Barnard, DA-woordvoerder oor polisie, het gister, toe Beeld haar van Mthimkulu se skorsing vertel, gesê dis omtrent tyd.
“Sy (Mthimkulu) het geen begrip van wat die wet is nie.”

Volgens Kohler Barnard hanteer die polisie se regsafdeling, sedert Mthimkulu oorgeneem het tussen 1% en 2% van alle siviele eise wat teen die polisie ingedien word.

“Dié vrou glo dat niemand die reg het om ’n eis teen die polisie in te stel nie. Dít het ’n impak op die land se inwoners, want alle eise word stadig gehanteer.”

Te midde van die herrie rondom haar skorsing het Mthimkulu gister in die openbare galery van die Pretoriase landdroshof gesit waar haar seun op aanklagte van huisbraak met die opset om te steel en diefstal verskyn het.

Mnr. Nkosinathi Melvin Nkululeko Mthimkulu (22) is in Mei verlede jaar aangekeer nadat hy en vier makkers glo op heterdaad betrap is terwyl hulle by ’n huis in Moreletapark, in die ooste van Pretoria, ingebreek het.

Hulle het glo ná ’n skietgeveg tussen hulle en die polisie in hul voertuig gespring en weggejaag.

Ná ’n jaagtog deur die stad is Mthimkulu jr. en nog twee mans in Pretoria-Wes in hegtenis geneem. Twee ander mans het weggekom.

Mthimkulu jr. is sedert sy arrestasie steeds in aanhouding.

Die saak is met twee weke uitgestel.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.