‘Polisielede’ roof, skok boer en sy gesin

2010-01-28 23:37

Swaar gewapende mans in polisie-uniforms het ’n boer en sy gesin vandeesweek op ’n plaas in die Mokopane (Potgietersrus)- distrik vasgebind en herhaaldelik met skokstokke geskok.

Die agt aanvallers het ook plastieksakke oor die koppe van mnr. Okkie Malherbe (63) en sy vrou, Emmerentia (53), van die Olerm-boerdery op die plaas Doelen getrek. Malherbe se kleindogter, Kaycee (5), was histeries tydens die aanval.

Malherbe se seun, WD (34), het gesê die aanval het sowat twee uur geduur, “maar dit het soos ’n ewigheid gevoel. Daar was moord op hul gesigte”.

Malherbe jr. het gesê hy het Dinsdag by sy pa en stiefma gaan eet. Net ná 19:00 het ’n Isuzu-bakkie en ’n Toyota Corolla met ’n blou lig op die dak voor die plaashuis stilgehou.

Drie van die agt mans het polisie-uniforms aangehad. Die res was in “netjiese klere, soos speurders dra”.

“Ons het gedink dit is die polisie en toe het ek die deur oopgemaak. Hulle het semi-outomatiese masjiengewere op my gerig.”

Volgens Malherbe jr. het die aanvallers gesê hulle is van Gauteng se polisie en ondersoek onwettige vuurwapens. Sy pa het identifikasie gevra en die mans het “’n stuk papier en kaartjies vinnig rondgeswaai”.

“Ons kon sien dit is nie polisiekaartjies nie en het gesê ons gaan die Mokopane-polisie bel. Dit is toe dat hulle hul klapmusse opsit.”

Hulle het geld en kluissleutels gevra. Die aanvallers het Malherbe jr., sy pa en stiefma en ook sy suster, Zia, en haar dogtertjie, Kaycee, se hande vasgebind.

“Ek is aangesê om op die bank te lê met my gesig na onder. Ons mag niks gesê het nie en kort-kort voel jy ’n wapen teen jou kop.”

Malherbe jr. het gesê die aanvallers het hulle, maar darem nie Kaycee nie, verskeie kere met skokstokke geskok.

Die aanvallers het Malherbe sr. na ’n nabygeleë gebou gevat waaruit die familie die onderneming Limpopo Meat Packers bedryf. Hy het die kluissleutels aan hulle gegee. Hulle het sy skoene uitgetrek en ’n plastieksak oor sy kop getrek. Hulle het glo R120?000 gebuit.

Die aanvallers het hom terug huis toe gedwing en hom en sy vrou na hul kamer gevat.

’n Plastieksak is ook oor mev. Malherbe se gesig getrek.

“Hulle is gewurg. Dit het gevoel of ek wil mal word toe ek dit hoor, maar ek kan niks doen nie,” het Malherbe jr. gesê.

Werknemers van die Malherbes wat in ’n woonstel naby die hoofhuis woon, het onraad vermoed en ’n alarm geaktiveer.

“Toe die alarm afgaan, toe slaan hulle op die vlug. Hulle het my bakkie gevat, maar dit later op ’n plaaspad gelos. My pa en stiefma se selfone is ook gesteel.

“Ons voel uitgelewer, wat moet ’n mens doen as mense met polisie-uniforms en ’n blou lig by jou stop? Hoe moet jy weet wie jy kan vertrou?”

Supt. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê ’n spesiale taakspan is aangestel om na die aanvallers te soek.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
61 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

ilona.dejonge sê... 21 Mei 2012..... GOEIE MORE SUID AFRIKA!!!!!! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

MAZDA

Mazda3 Sport 2.0 Individual 5-dr
2005
R 149,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 65,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.