Polisielid gekap oor tolkery in ET-saak

2012-02-10 22:20

Kapt. Mojalefa Nkosi gister buite die rondgaande hof in Ventersdorp. Foto: Felix Dlangamandla

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Ventersdorp. – Mnr. Eugène Terre’Blanche se vermeende moordenaar het erken hy het die AWB-leier verskeie kere met ’n ysterpyp oor die kop geslaan terwyl hy geslaap het.

Mnr. Chris Mahlangu (31) het dit gesê terwyl hy op 4 April 2010, ’n dag ná die moord, uitwysings gedoen het, is gister in die rondgaande hof hier getuig. Mahlangu het gesê die minder­jarige het die “yster” ná hom gevat en Terre’Blanche daarmee geslaan, het kapt. Mojalefa Nkosi, wat die uitwysings behartig het, getuig.

Mahlangu het destyds aan Nkosi vertel hoe hy en die minderjarige die polisie ná die moord gebel, daaroor gebieg het en aan die polisie verduidelik het waar hulle is.

Die verdediging het Nkosi gekap omdat hy gelyktydig die uitwysings behartig en die tolkwerk gedoen het. Daar is dus niemand anders wie se getuienis sal kan help as daar ’n dispuut is oor wat ­Mahlangu gesê het nie, het die verdediging gesê.

Die hof het gehoor Mahlangu kan nie Engels lees of verstaan nie en dat die uitwysingsverklaring in Engels was. Nkosi is daarvan beskuldig dat sy Engels swak is en hy doelbewus nie ’n tolk gebruik het nie omdat hy wou skryf “wat hy wou”.

Nkosi het geantwoord dis ’n leuen en dat hy niks van die moord geweet voor die uitwysings nie. Die uitwysingsvorms is nie in Tswana of Sotho beskikbaar nie, het die hof gehoor.

Nkosi het getuig Mahlangu het ingestem om die uitwysings sonder ’n tolk te doen omdat ’n tolk nie beskikbaar was nie.

Hy en Mahlangu het mekaar goed in Noord-Sotho verstaan, hy het alles in dié taal aan hom verduidelik en standaardpraktyk gevolg, het Nkosi getuig.

Sers. Shireen Adams van die Ventersdorp-polisie-aanklagkantoor het gister getuig oor Ma-hlangu se bewerings dat hy voor die moord by geleentheid ’n klag van aanranding teen Terre’­Blanche wou gaan indien.

Mahlangu beweer Adams en twee ander polisielede het onder mekaar bespiegel wie die klag moet hanteer. Hulle wou dit glo nie verder neem nie omdat hulle bang was vir die AWB-leier.

Adams het gister ontken dat Mahlangu ooit so ’n klag wou indien. Sy sou dit nie vergeet het nie omdat Terre’Blanche ’n baie bekende figuur in die Ventersdorp-omgewing was, het Adams getuig.

Die verhoor hervat op 10 April.
 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Management Finance Reporting

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Business Solutions Consultant

Cape Town
Communicate Cape Town IT
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

LAND ROVER

Discovery 2.5 TD5 ES 4x4 Dsl AT
2004
R 229,000.00

LEXUS

IS 250
2006
R 280,000.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Comfortline 5-dr
2003
R 95,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.