Pretoria bly Pretoria
2010-02-05 14:00
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Die regering het besluit om goedkeuring dat Pretoria voortaanTshwane heet terug te trek na aanleiding van 'n brief van die burgerregte-organisasie AfriForum.
"Die minister van kuns en kultuur, me. Lulu Xingwana, het Vrydag gevra dat die goedkeuring vir die naamsverandering van Pretoria na Tshwane teruggetrek word en dat dit só in die Government Gazette publiseer word," het mnr. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, in 'n verklaring gesê.
"Pretoria se naam bly nou amptelik Pretoria."
Kriel het Xingwana bedank vir haar groothartigheid om die naamsverandering terug te trek.
Verlede week is die ministerie se plan om die Pretoria se naam na Tshwane te verander in die Government Gazette gepubliseer.
Die ministerie het Maandag gesê hulle gaan die naamsverandering weens "tegniese redes" terug trek.
– Sapa