‘Pretoria moet weg vóór WB’

2010-01-27 01:54

Die ANC wil finaal van Pretoria se naam ontslae raak nog voordat die Wêreldbekersokkertoernooi in Junie begin.

Daar is “verhaasde gesprekke” met me. Lulu Xingwana, minister van kuns en kultuur, in ’n poging om van Pretoria as die hoofstad se naam ontslae te raak, het die ANC in die Tshwane-streek gister bekend gemaak.

Mnr. Sputla Ramokgopa, ANC-voorsitter in die streek, het op ’n mediakonferensie gesê Xingwana het aangedui sy oorweeg tans die voorstel om die stad se naam te verander en dat haar departement die besluit binne die volgende paar weke bekend kan maak.

’n Bron in ANC het vertroulik aan Beeld gesê die proses is “eintlik van akademiese belang” en dat die proses nou met groot prioriteit deurgevoer sal word.

“Die plan is dat Pretoria se naam iets van die verlede moet wees wanneer die Wêreldbeker-sokkertoernooi afskop.”

Xingwana se besluit sal ’n einde maak aan ’n uitgerekte naamstryd wat groot onsekerheid meegebring het oor wat die stad se wettige naam is.

Pretoria se naam is al etlike jare in die ANC se visier. Dié party het in die verlede telkens benadruk die verandering is ononderhandelbaar omdat Pretoria in die verlede as die bastion van apartheid beskou is.

Ramokgopa het gister bevestig dit beteken die stad en metrogebied sal voortaan as Tshwane bekend staan as Xingwana ten gunste van dié naam is.

Die minister het reeds gewys sy gaan nie op haar laat wag met naamsveranderinge nie toe haar departement in Oktober verlede jaar 42 naamsveranderinge in die Staatskoerant aangekondig het.

Dit het die verandering van Nelspruit na Mbombela, Belfast na eMakhazeni, Waterval-Boven na Emgwenya en Machadodorp na eNtokozweni ingesluit.

Ramokgopa sê die naamsverandering is “relevant” en die proses moet as ’n prioriteitsaak gehanteer word.

Hy het terselfdertyd gesê die koste wat dit gaan meebring, sal deeglik oorweeg word.

“Hoewel dit nodig is, voorsien ’n naamsverandering niemand van water en elektrisiteit nie. Die koste sal dus deeglik oorweeg word.”

Op die vraag of ’n stad en metrogebied met verskillende grense, maar dieselfde naam, nie grootskaalse verwarring gaan meebring nie, het hy gesê: “Nee, dit behoort nie ’n probleem te wees nie. Ek glo daar sal ’n manier wees om onderskeid te tref.”

Opposisiepartye in die Tshwane-metroraad en voorstanders van die behoud van Pretoria se naam meen dat dit ’n ideale middeweg sou wees om Pretoria as die stad en Tshwane as die metropolitaanse munisipaliteit se naam behoue te laat bly.

Mnr. Mack Lewele, direkteur van kommunikasie in Xingwana se kantoor, het gesê hulle sal eers later die week kommentaar kan lewer omdat die minister nou in die buiteland is.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
167 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

406 ST 2.0
2007
R 279,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2006
R 74,995.00

BMW

323i E90 AT
2006
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.