Pta-buurt se huisies vir wagte moet waai

2012-02-03 21:11
Mnr. Paulus Mammeshi, ’n wag, voor ’n huisie wat T

Mnr. Paulus Mammeshi, ’n wag, voor ’n huisie wat Tshwane sê afgebreek moet word.Foto: theana breugem

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Tshwane-metro en inwoners van Brooklyn is haaks weens die munisipaliteit se “kleinlike besluit” dat houthuisies vir veiligheidswagte in dié buurt moet waai.

Dié stryd het verlede maand begin toe Tshwane die Brooks-huiseienaarsvereniging in ’n kennisgewing daarop gewys het dat sy houthuisies op munisipale padreserwes staan.

Tshwane het die inwoners gemaan om die huisies binne drie dae te verwyder.

Mnr. Anton Theron, voorsitter van die huiseienaarsvereniging, het gesê inwoners is uit die veld geslaan aangesien die huisies al vyf jaar gelede opgerig is.

Die huisies, wat skuiling aan veiligheidswagte bied, is volgens hom klein, netjies en veral weens Brooklyn se breë sypaadjies in
niemand se pad nie.

“Ons het sedert die veiligheidswagte aangestel is geen ernstige misdaadvoorvalle in die omgewing gehad nie. Dit blyk of die toepassing van dié munisipale regulasie vir die raad belangriker is as die gemeenskap se veiligheid.”

Die inwoners meen Tshwane se optrede is kleinlik en moedswillig.

Die vereniging het gevra vir meer tyd om die onwettige strukture te verwyder en Tshwane het ingestem om nie voor 15 Februarie op te tree nie.

Theron het gesê die vereniging was nie onverantwoordelik nie en vra om billik behandel te word.

“Die huisies staan al vyf jaar. Wat kan nou so dringend wees?”

Daar was destyds pogings om by Tshwane goedkeuring vir die huisies te kry, maar die vereniging het nooit terugvoering gekry nie, het hy gesê.

Vier van die nege huisies is reeds verwyder.

Mnr. Subesh Pillay, Tshwane se burgemeesterskomiteelid vir stadsbeplanning, het gesê Tshwane het verlede jaar ’n beginselbesluit geneem om op te tree waar “kleiner oortredings” begaan word.

“Dit is hoegenaamd nie die idee om die inwoners se pogings om hulself te beveilig, te ondermyn nie. Maar waar trek jy die streep as jy die huisies oorsien?”

Tshwane het volgens Pillay reeds teen straatsmouse en taxi’s in die middestad en soortgelyke oortreders in ander woonbuurte begin optree.

Die inwonersvereniging kan by die departement paaie en stormwater aansoek doen om die strukture goedgekeur te kry, het hy gesê.
 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BI SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Apple Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Android developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

LAND ROVER

Discovery 2.5 TD5 ES 4x4 Dsl AT
2004
R 229,000.00

LEXUS

IS 250
2006
R 280,000.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Comfortline 5-dr
2003
R 95,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.