'Pyn steel nie my geluk'

2010-02-11 08:20

Louis en Hettie Brittz?gister ... Sy is Maandagnag verkrag, maar sê Jesus, haar “beste vriend”, het haar “nooit alleen gelaat nie”. Foto: Theana Calitz

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Here het haar gewaarsku dat sy verkrag gaan word. Hy het haar nie alleen gelos nie en sy voel haar siel en gees het ongeskonde daardeur gekom.

So het ’n ongelooflik sprankelende me. Hettie Brittz, vrou van die gospelsanger Louis Brittz, gister gesels oor haar verkragting Maandagnag.

Ondanks haar nagmerrie-ervaring toe gewapende rowers hulle in hul huis in ’n veiligheidsbuurt in Centurion oorval het, gaan dié moedige vrou eerskomende naweek die Midmar-myl swem.

Sy sê sy sien al ’n jaar lank daarna uit en sy gaan nie toelaat dat dié voorval haar lewensgeluk steel nie.

Haar man het nog gewerk toe die rowers Maandagnag by hul huis inbars. Hulle het hom na die slaapkamer gebring waar Hettie reeds in die bed was.

In die kamer het Louis “in die naam van Jesus” (en in Engels sodat die rowers kon verstaan) aan haar gesê dat die mans hul goed sal vat, maar hulle nie sou seermaak nie.

Hulle is gedwing om op die vloer te lê waar Louis aan Hettie gesê het as dit die einde is, sal hulle mekaar weer in die hemel sien.

Later het die rowers hom weggeneem. Een het by Hettie gebly waar sy met haar hande vasgebind half onder die bed
gelê het.

Sy sê terwyl sy so gelê het, het sy gehoor die Here sê aan haar: “Hettie, jy is my bruid.”

Sy het geantwoord: “Ja, Jesus, ek weet dit.”

Sy sê die Here het daarna aan haar gesê die man gaan haar verkrag, maar sal haar nie seermaak nie. Die verkragter was ook nie gewelddadig nie.

Die ondersoek wat sy ná die tyd in die hospitaal moes ondergaan, was vir haar erg. Sy moes ’n klomp medisyne drink wat haar baie naar gemaak het. Sy is ook nou op antiretrovirale behandeling om MIV-infeksie teen te werk.

Vir haar is dit egter “battle scars in ’n oorlog wat ons nie kan verloor nie”.

Ook Louis verstaan die gebeure as ’n aanslag in ’n geestelike oorlog (berig op bl. 4).

Die Here leef buite tyd en ruimte, sê Hettie. Wat nou met haar gebeur het, was relevant 2 000 jaar gelede toe Jesus ook vir die verkragter aan die kruis gesterf het.

Dit sal oor tien jaar relevant wees as hulle kan getuig oor alles wat hieruit voortgevloei het.

Sy sê nie daarmee dat die verkragting onbelangrik is nie. Dis ook nie vir die Here onbelangrik nie. Hy sê immers dat Hy mense se trane in ’n sak bymekaarmaak en dat gelowiges se bloed vir Hom kosbaar is.

Sy weet die Here staan nie gevoelloos nie. Hy het haar voorberei en sy beleef dat Hy haar siel en gees ongeskonde vashou, ondanks dit wat met haar liggaam gebeur het.

Sy weet mense sal sê sy leef in ontkenning. Sy is egter self ’n terapeut en weet wat trauma behels, sê sy.

Sy weet daar gaan tye kom dat sy kwaad raak, maar sy vermoed sy sal nie bitter word nie. Die Here sal haar daarteen beskerm. Bitterheid sal niks aan die verkragter doen nie, maar dit sal haar opvreet.

Vir die verkragter voel sy én Louis jammer. Hulle dink hy is pateties. Hy het waarskynlik nog nooit die liefde van ’n vrou ervaar nie. 

Selgroep staan hulle by

“Ek weet nie hoe hanteer mense sulke goed sonder die liggaam van Christus (medegelowiges) nie.”

So het die gospelsanger Louis Brittz gister gesê van die steun wat hy en sy gesin van medegelowiges gekry het.

Lede van hul selgroep en ander Christene het vir hulle kos aangedra, aan elkeen ’n selfoon gegee en Hettie hospitaal toe gebring.

Hulle het Louis en Hettie twee nagte in ’n gastehuis laat oorbly en ander huisvesting aangebied as hulle nie weer na hul huis wou teruggaan nie.

Hulle het ook Louis se reisreëlings help verander. Hy sou eergister op ’n toer na Doebai, Australië en Nieu-Seeland vertrek.

Hul selgroep het soos ’n masjien gewerk om dinge vir hulle maklik te maak, sê Louis.

“Jy kan nie bekostig om nié in ’n selgroep te wees nie.”

Hy is ook vol lof vir die manier waarop Lyttelton se polisie die saak hanteer het.

Hulle het dit professioneel, met deernis en met vasberadenheid gedoen.

 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
216 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

New Business development Sales consultant

Green Point, Cape Town, South Africa
Digicall
Market Related

SENIOR BUYER [AA/EE]

Johannesburg, South Africa
OUTGROW OUTSOURCED TECHNOLOGIES SA
R18000 - R20000

Bookkeeper Mozambique

Beira, Mozambique
Under African Skies Recruitment
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

406 ST 2.0
2007
R 279,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2006
R 74,995.00

BMW

323i E90 AT
2006
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.