Radioman Josie pleeg selfmoord

2012-01-23 22:32

Josie Raath Vrydag voor sy selfmoord die naweek. Foto: Sondag

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Een van twee werknemers van Radiokansel wat ’n selfmoordpakt aangegaan het, het die naweek selfmoord gepleeg nadat die ander een nie daarmee wou voortgaan nie.

“Sorrie vir almal. Ek’s klaar met die lewe, moet nie verder bel asb,” lui die laaste SMS wat Josie Raath, omroeper van Radiokansel en regisseur van dié stasie se aktualiteitsprogramme Goeie Nuus Tyd en Spektrum, Saterdag aan sy geliefdes gestuur het voordat hy vermoedelik ’n oordosis pille gedrink het.

Raath (48) was ’n depressie-lyer. Sy lyk is Sondagoggend in ’n gastehuis in Margate, KwaZulu-Natal, gevind. Hy het die afgelope vyf jaar vir dié radiostasie gewerk.

Die ander lid van die pakt was me. Christa Petersen Johnson, dogter van dr. Roelf Petersen, uitvoerende hoof van die stasie. Sy het haar luidens ’n verklaring van Radiokansel Vrydagoggend aan dié pakt onttrek.

Me. Marthie Duvenage, kommunikasiebestuurder van Radiokansel, het in die verklaring bevestig dat Raath en Johnson saam wou selfmoord pleeg.

Johnson wou nie gister kommentaar lewer nie.

Raath het verlede Maandag per SMS bedank. Volgens Duvenage het Raath geen redes vir sy bedanking verstrek nie.

Sy het gesê Radiokansel se bestuur is nog in die duister oor die redes vir Raath se optrede.

“Van sy kollegas en vriende meen dat die onlangse verbrokkeling van sy verlowing die hoofrede was,” het Duvenage
gesê.

Luidens ’n berig wat eergister in Sondag verskyn het, het Raath gesê Radiokansel “het sy liefde vir Jesus gesteel”. Hy het sy ontevredenheid uitgespreek oor nepotisme by die stasie.

“Ek gaan my eie lewe neem. Radiokansel het die Jesus wat ek ken met nepotisme, korrupsie en skynheiligheid vernietig,” het hy luidens die berig gesê.

Duvenage het egter gesê elke personeellid word volgens ’n streng aanstellingsbeleid en op meriete aangestel, ongeag of die kandidaat familie by dié radiostasie het.

Raath het ook in die berig
gesê dat dit nie net Radiokansel is wat hom tot selfmoord dreig nie, maar ook ’n vrou met die naam van me. Katryn le Roux.

Volgens Duvenage het Raath ’n lang geskiedenis van emosionele probleme gehad, wat sy verhoudinge binne en buite werkverband beïnvloed het.

Me. Ina Snyman, ’n jare lange vriendin van Raath, was een van die laaste mense wat met Raath gepraat het.

“Hy het my Saterdag omstreeks 18:30 gebel en my ingelig dat hy sy eie lewe gaan neem,” het Snyman gesê.

“Hy was baie depressief en wou nie meer aangaan met die swaarkry van hierdie lewe nie.”

Raath word oorleef deur sy drie kinders.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bfn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Copy Writer and Digital Strategist

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

Product Developer

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

Network Engineer-Clickatell

Bellville, Cape Town, South Africa
Clickatell (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.