Renoster-plan eindig tragies

2012-02-09 23:09

Kromdraai. – ’n Desperate poging om renosters teen stropers te beskerm, het gister tragies geëindig toe ’n 12-jarige renosterbul gevrek het kort nadat gif tydens ’n demonstrasie in sy horings ingespuit is.

“Ons is platgeslaan. Spencer wou net nie opstaan nie,” het dr. Charles van Niekerk, veearts wat die teenstropingsdemonstrasie by die Renoster-en-Leeupark aan die Wes-Rand gedoen het, gesê.

Mnr. Ed Hern, eienaar van die park, het gesê hy is gebroke oor Spencer se dood, maar “desperaat” om die land se renosters te help beskerm.

Hy en Van Niekerk het die middel – ’n mengsel van parasitiese gif en kleurstof – ontwikkel en dit reeds met welslae in die horings van die agt ander renosters op die reservaat gespuit.

Die doel is om stropers en voornemende kopers van renosterhoring af te skrik.

Dit is egter nie ’n prosedure wat deur die regering of bewaringsorganisasies ondersteun word nie.

Spencer is gisteroggend vanuit ’n helikopter met ’n doofpyl geskiet terwyl hy in die veld saam met nog renosters gehardloop het. Die renosterbul het, nadat die pyl hom getref het, ’n paar draaie gehardloop en snorkend op die grond neergeval.

Hy is geblinddoek en sy ore is vol watte geprop om geluide uit te skakel.

Terwyl Spencer op die grond gelê het, het hy geruk en gebewe. Hy het harde kreungeluide gemaak terwyl Van Niekerk gate in sy twee horings geboor en die gif daarin gepomp het. Volgens Van Niekerk was hierdie reaksie normaal.

Hy vermoed egter die renosterbul was nie baie diep onder verdowing nie, maar hy meen die dier het geen pyn ervaar nie.

’n Mikroskyfie is in Spencer ingeplant en DNS-monsters is ook van sy horings geneem.

Ná 20 minute het 12 mans Spencer omgedraai om te voorkom dat hy versmoor. Daarna is die renoster met ’n wakkermaakmiddel ingespuit. Hy het erge sametrekkings gekry, vlak asemgehaal en sy bloeddruk het gedaal.

Die toeskouers is gevra om die gebied onmiddellik te verlaat. Lede van die Rhino Resque Project (RRP) het vyf minute later bevestig Spencer het nie die demonstrasie oorleef nie. Hy het vermoedelik ’n hartaanval gehad.

Dr. Joseph Okori van die Wêreldnatuurfonds (WWF) se renosterprojek het gesê hy is geskok oor die voorval, maar dit was “duidelik ’n desperate poging” om die land se renosters te probeer beskerm.

Van Niekerk het gesê daar is altyd risiko’s wanneer ’n dier verdoof word. ’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word.

Hy het beklemtoon hul program sal voortgaan.

“As ons nou ophou, het die stropers wéér gewen.”
 

Spencer, kort nadat hy op sy ander sy omgedraai is om te voorkom dat hy versmoor. Me. Lorina Hern, mede-eienaar van die Renoster-en-Leeupark (voor) sit hand by. Op die voorgrond is dr. Charles van Niekerk, wat die gif in die horing ingespuit het. Foto’s: Nelius Rademan


Gate word in Spencer se horings geboor.


Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Management Accountant

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Management Finance Reporting

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

LAND ROVER

Discovery 2.5 TD5 ES 4x4 Dsl AT
2004
R 229,000.00

LEXUS

IS 250
2006
R 280,000.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Comfortline 5-dr
2003
R 95,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.