Roux dans op sy bors ...

2010-07-29 22:30

Hoe span jy die kroon op ’n luisterryke loopbaan van 49 jaar as een van die vooraanstaande rugbyfotograwe ter wêreld?

Jy publiseer ’n koffietafel-boek vir fynproewers sodat hulle ook kan deel in die oomblikke van glorie en hartseer wat jy as
fotograaf meegemaak het.

Dit is presies wat Wessel Oosthuizen aanstaande maand gaan doen wanneer sy Portrait of Rugby verskyn.

Dié boek bevat van die foto’s wat van Oosthuizen ’n huishoudelike naam in rugbykringe gemaak het.

Daar is die bekendes en onbekendes, sowel as foto’s wat sommige mense seker lankal vergeet het.

Oosthuizen het aanvanklik ’n boek van net sowat 100 bladsye beplan, maar dit sou nogal moeilik gewees het om 49 jaar se herinneringe daarin te prop. Die boek beslaan nou meer as 400 bladsye.

Een van die foto’s wat die meeste rugbykenners dadelik sal herken, is dié van Frik du Preez en Albie Bates se dubbele duikslag op die All Black-skrumskakel Chris Laidlaw in die eerste toets van die 1970-reeks op Loftus Versfeld.

Oosthuizen moes destyds klaarkom met toerusting waarvoor selfs amateurs hul neuse sal optrek.

Dié ikoniese foto is met ’n “outydse” 35 mm-kamera sonder ’n outomatiese laaimeganisme (motordrive) geneem.

Nóg ’n foto uit dié toets word vandag nog gereeld gesien: dié waarin Mannetjies Roux as ’t ware op Tom Lister se bors dans.

Oosthuizen het sy eerste Bok-toets in 1963 in die reeks teen Australië bygewoon en sedertdien al die hoogte- (én laagtepunte) van Suid-Afrikaanse rugby meegemaak.

Hy was byvoorbeeld daar toe die Springbokke in 1995 die Wêreldbeker gewen het.

Maar sy persoonlike hoogtepunte was die sogenaamde betogertoer van 1981 deur Nieu-Seeland en Amerika en die Wêreldbeker-triomf van 2007 in Frankryk.

Volgens Oosthuizen is hy steeds verstom as hy deur sy boek blaai en besef dat hy al oor die wêreld was om rugby af te neem: van Twickenham in Londen tot in die Westpac-stadion in Wellington, van die Beervlei-dam in die Karoo tot op die suidelikste rugbyveld ter wêreld op Stewart-eiland in Nieu-Seeland.

Volgens Oosthuizen het hy in sy loopbaan met van die beste fotograwe in die rugbywêreld saamgewerk.

Hy bring ook hulde aan van hulle in die laaste hoofstuk van sy boek waarin van hul foto’s ook verskyn.

- Portrait of Rugby sal in ’n beperkte oplaag van 1 000 leergebinde kopieë uitgegee word.

Dit kos R4 500 stuk.

Besoek www.portraitofrugby.co.za vir nog inligting.

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

CA (SA)

Gauteng
Hire Resolve
R600,000-650,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Financial accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Liquer Store Manager/ Controller

Mpumalanga
Hutech International Group

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...