Rower: ‘Moenie worrie nie’

2010-07-11 23:16

’n Man (61) van Vanderbijlpark wat ná ’n operasie tuis aangesterk het, is gisteroggend koelbloedig langs sy vrou in hul bed doodgeskiet toe twee huisrowers in hul slaapkamer ingekom het.

Mnr. Neels Jansen van Roodia-kleinhoewes buite die dorp is na verneem word kort gelede uit die hospitaal ontslaan ná ’n breuk-operasie.

Volgens konst. Edwin Ntsheo, polisiewoordvoerder, is mnr. Jansen een keer in die maag geskiet.

“Die rowers het om ongeveer 04:30 die diefwering voor ’n venster afgebreek en so toegang tot die huis gekry,” het Ntsheo gister gesê.

Mev. Jansen is op die bed langs haar man vasgebind voordat sy gehoor het hoe ’n skoot afgaan.

Sy het kort daarna, steeds vasgebind, maar nog onbewus daarvan dat haar man doodgeskiet is, vir die rowers gaan wys waar hulle geld kan kry.

Hulle het op onder meer geld en vuurwapens aangedring.

Mev. Jansen het daarna haar bebloede man bewegingloos op die bed sien lê.

“Sy het eers gedink sy operasiewond het weer begin bloei, maar gou besef hy is geskiet,” het ’n familievriend, wat nie sy naam genoem wil hê nie, gister op die moordtoneel gesê.

Mev. Jansen het die rowers glo gevra of sy haar man mag help, maar is aangesê om hom uit te los.

“Moenie worrie nie, ons het klaar die ambulans gebel,” het een van die rowers, volgens ’n betroubare bron, in Engels geantwoord.

Die rowers het hierna met onder meer ’n onbekende bedrag geld en drie selfone in ’n voertuig, wat buite onder die hoewehuis se afdak geparkeer was, gevlug.

Ntsheo het bevestig die rowers het in ’n wit Mazda-bakkie gevlug, maar kon nie sê wie die eienaar van die voertuig is nie.

Die egpaar se dogter en haar seun, haar twee dogters en twee vriende van haar kinders het ten tye van die aanval uit Kimberley op die kleinhoewe gekuier. Dit is nie bekend of hulle ook aangeval is nie.

Hul name is onbekend.

Die geskokte familie het die polisie en paramedici se hulp ontbied.

“Paramedici het na die kleinhoewe gejaag, maar kon maar net die man se doodsverklaring teken,” het mnr. Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, gesê.

Mev. Jansen, wat erg getraumatiseer is, is deur haar huisdokter vir skok behandel.

Ntsheo het gesê die rowers in die huis het op hul selfone met nog ander lede van die roofbende buite die hoewehuis gepraat.

“Ons ondersoek sake van moord en gewapende huisroof,” het hy gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie.
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
45 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior C# MVC Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

BI SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Apple Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

LAND ROVER

Discovery 2.5 TD5 ES 4x4 Dsl AT
2004
R 229,000.00

LEXUS

IS 250
2006
R 280,000.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Comfortline 5-dr
2003
R 95,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.