Rower vra: ‘Moenie my doodmaak nie’

2010-06-21 23:35

Dié vermeende rower het hom met sy slagoffer misreken toe dié hom platgeduik het. Foto: Gert Prinsloo

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’nPretoriase modelvliegtuigvlieënier het ’n rower agternagesit, van ’n motorfiets afgespring en hom platgeduik.

Toe mnr. Theo Boezaart (33) met sy vangs die 6 km na die Irene Radiovlieëniersklub in Centurion terugstap, het die man heeltyd gesê: “Please don’t kill me, please don’t kill me, it was my first time.”

Lede van die klub is Saterdag vir die vierde keer in minder as ses maande beroof. Daarby is die klub ook al rot en kaal besteel.

Dinge het al so erg geraak dat daar van nou af altyd iemand met ’n vuurwapen sal rondloop terwyl die lede met hul vliegtuie vlieg.

Boezaart en nog drie lede het 13:00 hul vliegtuie by die klub, op die Irene-proefplaas, gevlieg.

“Ons het almal net ons vliegtuie geland toe ons geluide uit die bos hoor,” het Boezaart gister vertel.

“Drie mans het met ’n panga, ’n piksteel en ’n mes op ons afgestorm en: ‘We will kill you’ geskree.”

Boezaart het een van die mans met ’n blikkie Mr Min-meubelpolitoer gegooi. Toe dit nie heeltemal die gewenste uitwerking het nie, het hy ’n batterylaaier van ’n vliegtuig gegryp en die een, wat ’n mes gehad het, geslaan.

In ’n stadium het die boewe Boezaart se baadjie, waarin sy motorsleutels was, gegryp en weggehardloop.

Boezaart het hulle agternagesit in die hoop dat hy sy baadjie kan terugkry omdat hy nie spaarsleutels vir sy motor het nie.

“Ek het net gedink de moer met julle. Vir julle gaan ek vang en ’n voorbeeld van maak,” het Boezaart gesê.

“Ek het in die mielielande ingehardloop. Toe ek omkyk, sien ek ek is die enigste een wat agter hulle aanhardloop.

“Ek het vir beeswagters, wat daar naby was, geskree om hulp.

“Die drie (aanvallers) het later so laks geword dat hulle begin stap het.

“Ek het hulle begin inhaal.

“’n Man, wat daar naby onder ’n boom gesit het, het my gehoor en met sy motorfiets na my toe gery.

“Ek het agterop gespring. Toe die drie ons met die motorfiets hoor nader kom, het hulle weer begin hardloop.

“Toe ons by hulle kom, het ek die een van die ‘bike’ af getekkel en hom op die aarde vasgepen. Ek het opgestaan. Hy het toe die arrogansie om ook op te staan en my te wil slaan. Dis toe wat ek hom een op die oor en een op die neus gegee het.”

Boezaart het die man by die beeswagters gelos en die ander twee rowers agternagesit, maar dié het verdwyn.

Hy is terug na die beeswagters toe waarna hy en die man terug na die klubhuis gestap het.

“Hy het heeltyd vir my gesê: ‘Please don’t kill me, please don’t kill me, it was my first time’,” het Boezaart gesê.

“Ek sal eerder nie sê wat ek vir hom gesê het nie.”

Toe Boezaart by die klubhuis kom, was lede van die Lyttelton-polisiekantoor daar om die man te arresteer.

Sy baadjie is saam met die ander twee weg.

Sers. Lynnette Erasmus, polisiewoordvoerder, het gesê die man (25) het gister in die Pretoriase landdroshof verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

LAND ROVER

Discovery 2.5 TD5 ES 4x4 Dsl AT
2004
R 229,000.00

LEXUS

IS 250
2006
R 280,000.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Comfortline 5-dr
2003
R 95,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.