Rowers skiet man in die rug

2012-01-24 21:43

’n Polisielid verduidelik eergisteraand hoe hulle drie rowers in Menlopark in die ooste van Pretoria gaan soek. Foto: Gerhard Pretorius

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Man is eergisteraand in Pretoria deur drie rowers oorval en in die rug geskiet terwyl hy vir sy gesin kos gemaak het.

Mnr. Johan Geyer was net voor 21:00 eergister in Hazelwoodlaan in Brooklyn, Pretoria, in sy kombuis besig toe die rowers hom oorval het.

“Die polisie ondersoek hoe die mans in die huis ingekom het,” het ao. Annabelle Middelton, polisiewoordvoerder, gesê.

Mnr. Jaco La Cock, ’n buurman, het Geyer se vrou, Linsey, wat op die tweede verdieping van die huis saam met hul seun was, hoor gil en in sy Mitsubishi Pajero gespring om te gaan vasstel wat aangaan.

La Cock het die mans in die straat gesien. Nadat hy sy voertuig aangeskakel het, het hy besef hy het nie sy selfoon by hom nie. Hy het die huis ingehardloop om sy foon te kry.

“Toe ek weer by my motor kom, was hulle so 10 m weg en ek het gesien die een het ’n geweer in sy hand.

“Ek het dadelik gegil: ‘Whoa! Whoa! Whoa! en my rug op hulle gedraai.

“Hul aandag was nie op my gefokus nie en hulle het in my motor geklim en weggejaag.

“Ek het (die voertuigop­sporingsmaatskappy) Tracker gebel en hulle kon toe sien waar my voertuig ry,” het La Cock gesê.

Hy is toe na Geyer se huis vanwaar hy dr. Hans Jacobs, sy swaer, gebel het om te kom help.

Dié het Geyer probeer stabiliseer totdat paramedici opgedaag en hom met ’n skietwond deur sy rugstring na die Pretoria-Oos-hospitaal geneem het.

’n Polisievoertuig van Garsfontein het die Pajero in Atterburyweg gewaar en agternagesit.

Middelton het gesê die rowers het voor die Hoërskool Menlopark stilgehou, uit die Pajero gespring en weggehardloop.

Twee van die drie rowers het mnr. Paul de Beer en sy vrou in hul oprit in Whystraat voorgekeer en hul Mercedes-Benz probeer kaap.

Dit lyk of daar ’n struweling tussen die rowers en De Beer, wat vermoedelik in sy 60’s is, was en hy is in die arm geskiet.

Die rowers het toe van die toneel gevlug.

De Beer is daarna per ambulans na die Little Company of Mary-hospitaal in Groenkloof geneem.

Lede van die Brooklyn-, Garsfontein- en Villieria-polisiekantoor saam met Tshwane-metropolisielede en Hi-Risk-veiligheidsdienste het tot gisteroggend vroeg ’n grootskaalse soektog na die mans aangepak.

Middelton het gesê daar is nog geen verdagtes aangekeer nie.

Die koeël wat Geyer getref het, het glo ook skade aan sy maag en lewer aangerig.

Die rowers het niks in sy huis gebuit nie.

Sy vrou het gesê hy is steeds in ’n kritieke toestand.

De Beer se familie het nie op navrae gereageer nie en dit is onbekend wat sy toestand is.


Lede van die polisie soek eergisteraand in Menlopark, in die ooste van Pretoria, na drie rowers op soek na drie rowers wat glo mnr. Johan Geyer in sy rug geskiet en later mnr. Paul de Beer in sy arm geskiet het. Hulle het ook mnr. Jaco La Cock se Mitsubishi Pajero gekaap. Foto: Gerhard Pretorius


 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bfn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Project Manager

Bryanston, Sandton, South Africa
Key Recruit
Market Related

Business Analyst

Bryanston, Sandton, South Africa
Key Recruit
Market Related

Business Development Consultant

Cape Town, South Africa
Telesure Group Services (Pty) Ltd
R8000 - R9000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.