Rowers skiet pa voor dogter

2010-06-08 23:28

“Hy het die vuurwapen teen my keel gedruk en geskiet.” Mnr. Wally van Straa­ten vertel hoe rowers hom en sy gesin oorval het. Foto: Wayne Coetzee

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’N 13-jarige meisie moes toekyk hoe ’n rower ’n vuurwapen teen haar pa se nek druk en die sneller trek.

Sedert die huisrooftog Saterdagaand in Elarduspark, in die ooste van Pretoria, kry Michanette van Straaten sielkundige behandeling.

Haar pa, mnr. Wally van Straaten (46), word in die Unitas-hospitaal in Centurion behandel. Hy kan nie sy linkerarm beweeg nie en kan net ’n vuis met sy linkerhand maak.

Dokters sal eers ná ses weke kan bepaal of die skade aan sy arm blywend is. Twee van sy ribbes is ook gebreek.

Slegs drie selfone is gebuit.

Mnr. Van Straaten het gister vertel hy het omstreeks 23:00 in die bed gaan klim terwyl sy vrou, Margie (43), kuiergaste afgesien het.

Hulle vermoed twee rowers het in dié tyd by die huis ingekom.

Een het ’n vuurwapen en die ander ’n skroewedraaier gehad.

Nadat mev. Van Straaten die mense afgesien het, het sy haar ma, mev. Patsy Pieters (78), wat onlangs ’n rug­operasie gehad het, in haar kamer gaan help.
“Ek weet nie wat gebeur het nie, want ek het geslaap,” het mnr. Van Straaten gesê.

“Margie het my vertel die rowers het met ’n vuurwapen teen my dogtertjie se keel by hulle in die kamer ingeloop. Dis nie mense wat sulke goed doen nie.

Hulle kon haar mos aan die hare getrek of aan die skouer gevat het, maar ’n vuurwapen teen die keel? Dit is barbaars.”

Die rowers het mev. Van Straaten gevra vir geld en waar die man van die huis is.

Hulle is toe met haar en haar dogter na mnr. Van Straaten se kamer waar hulle hom wakker gemaak het.

Die rowers het aan Michanette gesê om in die hoek te gaan staan.

“Ek het omgedraai, gekyk en toe weer teruggedraai,” het hy gesê.

“Toe ek terugdraai, besef ek daar is iemand anders (as mev. Van Straaten) in ons kamer. Ek het opgespring en die een met die vuurwapen gegryp. Hy het dit teen my keel gedruk en geskiet.

“Hulle het omgedraai en weggehardloop. Ek het hulle agternagesit, maar Margie het my aan die arm gegryp en die kamerdeur toegemaak. My kind het alles gesien.”

Mev. Van Straaten het ’n handdoek teen haar man se keel gedruk waarna hulle na die Kloof-hospitaal gery het.

“Ek kan niks van die skietery onthou nie. Ek kan onthou ek het gaan slaap.

“Die volgende wat ek onthou, is waar ek in die bakkie sit met ’n handdoek teen my keel en Margie wat sê ek moet vashou. Dis toe wat my arm lam geword het,” het hy gesê.

“Die ergste is dat hulle ’n vuurwapen teen my kind se keel gedruk het.”

Mnr. Van Straaten is later na die Unitas-hospitaal oorgeplaas.

Me. Aveline Hardaker, polisiewoordvoerder, het bevestig ’n gewapende rooftog word ondersoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
47 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bfn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.