Rowers slaan vrou (81) erg in aftreeoord-huis

2012-01-10 21:35

Mev. Ria van Niekerk (81)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Bejaarde vrou van Bronkhorstspruit is so erg deur rowers in die gesig geslaan in haar huis in ’n aftreeoord dat haar gesondheid erg agteruitgaan weens die skok van die aanval.

Mev. Ria van Niekerk (81) lê in ’n kritieke toestand in die waakeenheid van die Wilgers-hospitaal in Pretoria.

Twee rowers het haar Saterdagoggend vroeg in haar huis vasgebind en erg in die gesig geslaan.

“My ma was Saterdag kort ná die aanval eintlik baie kalm. Sy het ons presies vertel wat gebeur het en geen verwyte gehad nie.

Soos die skok stelselmatig ingetree het, het haar toestand egter al hoe meer versleg en dit gaan regtig nie goed met haar nie,” het me. Jani Combrink (51), een van Van Niekerk se drie dogters, gister gesê.

Van Niekerk se hart het glo in ’n stadium gaan staan en sy is tans aan ’n ventilator gekoppel.

“Sy kan op die oomblik nie self asemhaal nie en haar bloeddruk is baie laag,” het Combrink gesê.

Mnr. Dries Schreuder (59), Van Niekerk se skoonseun, het gesê ’n dokter het aan die familie gesê sy skoonma “het ’n skraal kans om te oorleef”.

Die rowers het volgens Combrink Saterdagoggend omstreeks 02:00 by die Ons Hoekie-aftree-oord oor Van Niekerk se muur gespring, ’n slaapkamervenster gebreek en daardeur geklim.

“Hulle het my ma se voete met ’n belt en haar hande met ’n serp vasgebind en nog ’n serp oor haar mond gebind,” het Combrink gesê.

“Hulle het haar so in die gesig geslaan dat haar oë bloedrooi en byna toegeswel was.”

Die twee rowers het Van Niekerk haar motorsleutels gevra en met haar TV, ’n radio en juwele in haar wit Mercedes-Benz A-klas gevlug.

Van Niekerk het haar losgewoel en moes daarna byna 200m loop om by ’n buurman hulp te gaan vra omdat haar naaste buurman nie tuis was nie.

Combrink het gesê haar ma was voor die aanval baie aktief en onafhanklik.

“Sy het alleen gebly, self rondgery en in die tuin gewerk. Sy was glad nie sieklik en hulpeloos nie.”

Combrink glo die rowers het haar ma moontlik as teiken gekies omdat sy alleen gebly en ’n motor gehad het.

Mnr. Johannes Japhta, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek sake van huisroof en poging tot moord.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Enigeen met inligting oor die voortvlugtiges of wat die gesteelde wit Mercedes-Benz (registrasienommer PWV 715 GP) opgemerk het, kan ao. Tosen by 082 698 8032 bel of die Bronkhorstspruit-speurtak by 013 932 9200.
 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

LAND ROVER

Discovery 2.5 TD5 ES 4x4 Dsl AT
2004
R 229,000.00

LEXUS

IS 250
2006
R 280,000.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Comfortline 5-dr
2003
R 95,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.