Rowers val gesin in ‘teikenhuis’ 2 keer in 6 weke aan

2010-06-11 22:56

Mnr. Gert van Tonder, wat twee keer in ses weke tuis beroof is. Foto: Alet Pretorius

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Binne ses weke het hy een keer ’n rower op sy vrou gekry en die volgende keer is hy in die gewrig en maag geskiet.

’n Week later het mnr. Gert van Tonder uit sy huurhuis in Rietvalleipark, in die ooste van Pretoria, getrek nadat hy by sy bure en die polisie gehoor het dié huis in Escombelaan is ’n gereelde teiken van misdadigers.

Van Tonder (36), ’n bedryfsbestuurder van ’n veiligheidsmaatskappy, het in Januarie ingetrek.

“Ek voel die verhuringsmaatskappy moes aan my bekend gemaak het wat die misdaadsituasie in die omgewing is,” het Van Tonder gister by sy nuwe huis in Moreletapark gesê.

“As hulle vir my gesê het, het ek nooit daar ingetrek nie.

“Ek dink ’n lewe is meer werd as ’n bietjie sake.”

Twee weke gelede was Van Tonder en sy vrou, Lizette (37), besig om te braai toe vyf mans, van wie een gewapen was, op hulle afstorm.

“My vrou het hulle eerste gesien en begin skree,” het Van Tonder gesê.

“Ek het die wapen uit die een se hand gegryp. Dis toe dat hy my in die gewrig skiet. Ons het verder om die wapen gestoei waarna die tweede skoot geklap het. Ek is in die maag getref. Toe die tweede skoot klap, het hulle weggehardloop. Hulle het niks gevat nie.”

Ses weke voor dié voorval het Van Tonder wakker geword van sy vrou wat skree dat daar ’n misdadiger op haar klim.

Dié misdadiger se makker het langs Van Tonder gestaan.

Van Tonder het die man wat bo-op sy vrou was, geslaan, waarna hy en sy makker met ’n skootrekenaar en selfone gevlug het.

“Ek moes trek, want ek gaan nie daar bly dat mense my beroof nie. Ek kan nie my gesin in sulke gevaar stel nie,” het Van Tonder gesê.

“’n Mens moet ondersoek instel die misdaad in die omgewing voordat jy ’n huis koop of huur. Ek weet misdaad kom oral voor, maar ek voel tog die verhuringsmaatskappy moet ’n mens daaroor inlig.

“As daar weer mense in daardie huis intrek, sal ek hulle self van die misdaad gaan vertel.

“Netnou dra hulle ’n lyk by daardie huis uit.”

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T FSi Attraction MY09
2008
R 209,900.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2008
R 329,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.