Rowers vermoor man by kind

2010-04-29 00:06

Me. Yolande Barnard (links) word buite die hoewe waar haar vriendin se man, mnr. Dirk Human, vermoor is deur me. Vanessa Galanakis, ’n lid van die gemeenskap, vertroos.Foto: Jaco Marais

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Tweejarige seuntjie het rustig in sy bababedjie gestaan toe gemeenskapslede van Boschkop, in die ooste van Pretoria, gister afkom op sy bebloede pa, wat gruwelik deur rowers aangerand is.

Sy pa het in die aantrekkamer van dié vertrek gelê.

Kort daarna het die seuntjie se ma by die huis aangekom en terwyl paramedici gespook het om haar man se lewe te red, het sy sy hand vasgehou en hom gesmeek om by te kom.

Mnr. Dirk Human (41) het egter op die toneel gesterf.

Sy vrou, Yolanda, was ná die gebeure te getraumatiseerd om met Beeld te praat. Sy kon ook nie ’n verklaring by die polisie aflê nie.

Terwyl gemeenskaps- en polisielede buite die huis op die hoewe in Mooiplaats, in die Boschkop-omgewing, gestaan het, het me. Yolande Barnard, ’n vriendin van die Human-egpaar, daar aangekom. Sy het ineengestort en in trane uitgebars toe die nuus oor Human se dood aan haar oorgedra is.
Barnard het drie nagte gelede by die egpaar oornag.

Gisteroggend se aanval op Human is uitgevoer minder as 24 uur nadat byna 300 gemeenskapslede eergister saam met lede van die plaaslike polisiekantoor deelgeneem het aan ’n teenmisdaad-operasie.

Ao. Marinda Stoltz, polisiewoordvoerder, het gesê ’n onbekende aantal mans het toegang tot Human se erf gekry. Hulle het die huishulp in haar kamer toegesluit en Human in die huis aangehou.

Verskeie skote is geskiet in ’n struweling tussen hom en die rowers. Hul ondersoek moet nog bepaal wie die skote geskiet het.

Dit is nie duidelik of Human getref is nie en die oorsaak van sy dood moet nog bepaal word, het Stoltz gesê.

Beeld het verneem Human is ook met ’n skerp voorwerp in die gesig gesteek, maar Stoltz kon dit nie bevestig nie.

Mnr. Johan van Wyk, ’n inwoner van dié gebied wat een van die eerste mense op die toneel was, het gesê Human se buurvrou het die huishulp, me. Lettie Lebina, se gille gehoor en omstreeks 07:20 gemeenskapslede op die burgerbandradio in kennis gestel dat iets fout is.

Mev. Human en hul ander seun (8) het die huis omstreeks 06:50 verlaat.

Volgens Lebina het sy, terwyl sy in haar kamer toegesluit was, net ’n “geraas” gehoor en iemand wat skree: “Skiet, skiet, skiet”.

Toe Van Wyk en nog twee buurtwaglede by die huis stilhou, het Lebina vir hulle geskree die kind is in die huis. “Ons het in die huis ingeloop en die seuntjie in die hoofslaapkamer gekry waar hy rustig in sy bababedjie gestaan het,” het Van Wyk gesê.

“Hy het nie gehuil nie. Ons het sy pa in die aantrekkamer sien lê. Sy pa was nét buite sy sig. Sy hande was met skoenveters vasgebind en sy kop het in die kas gelê. Daar was baie bloed.

“Ons het met mond-tot-mond-asemhaling begin en gedoen wat ons kon totdat die paramedici opgedaag het.”

Twee weke voordat Human vermoor is, het iemand ook probeer om by sy huis in te breek.

Hy kon dit nie by die Boschkop-polisiekantoor aanmeld nie omdat dié glo gesluit was, het Van Wyk beweer. Die huis is minder as 200 m van dié polisiekantoor af.

Stoltz het by navraag gesê ’n polisiekantoor mag nie gesluit wees nie. Volgens haar kon die deur toe gewees het weens die koue en het beamptes moontlik in die kantoor agter in die aanklagkantoor gesit, maar daar is altyd mense.

Human se Colt-bakkie wat geroof is, is ’n paar uur ná die voorval verlate deur lede van die Pretoria-blitspatrollie in Mamelodi, in die ooste van Pretoria, gekry.
’n Saak van moord en huisroof word deur die Bronkhorstspruit-trio-taakspan ondersoek.

  • hfourie1@beeld.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
152 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T FSi Attraction MY09
2008
R 209,900.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2008
R 329,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.