Rybewys hernu: Malema kry hulp

2010-03-05 00:24

Mnr. Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, se Mercedes-Benz word in ’n spoedlokval betrap.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Mnr. Julius “Juju” Malema het eergister aansoek gedoen om die hernuwing van sy rybewys nadat dit op sy verjaardag aan die lig gekom het hy ry onwettig rond.

Die ANC-jeugliga-president het dié week inderhaas aansoek gedoen om die hernuwing van sy rybewys nadat dit aan die lig gekom het dat sy rybewys in September verlede jaar al verval het. Hy het ook meer as R4 500 se uitstaande verkeersboetes betaal wat hy hom die afgelope twee jaar op die hals gehaal het.

Net een boete bly oor: ’n boete van R300 toe hy in Julie 2008 met sy luukse C-Klas Mercedes-Benz teen 137 km/h deur die Thabo Mofutsanyana- munisipale gebied in die Vrystaat gejaag het.

Beeld verneem dat Malema Maandag by die Polokwane-verkeersdepartement opgedaag het waar hy glo persoonlik deur mnr. Ronnie Makhado, die hooftoetsbeampte, gehelp is om sy rybewys-aansoek te voltooi.

Op die vraag of Malema wel Maandag sy rybewys hernu het, het Makhado gister aan Beeld gesê: “Ja, ek reken hy het... Ek kan nie onthou nie, want ons is elke dag besig om rybewyse hier te hernu. Ek is tans in ’n vergadering... Ons het wie ook al gehelp met hernuwing sodra die rybewys geldig is. Ek wil nie kommentaar lewer oor ander mense se persoonlike sake nie.”

Volgens ’n ooggetuie het Malema voorkeurbehandeling gekry. “Hy het nie deur die regte kanale gegaan nie. Die mense daar kla verskriklik. Hulle sit ure daar in die wagkamer en dan moet hulle ingaan vir die oogtoetse en die vingerafdrukke en hy is privaat gehelp deur mnr. Makhado.”

Beeld se susterkoerant Rapport het in September verlede jaar onthul dat Malema sedert Desember 2007 versuim het om 14 boetes ter waarde van R5 000 te betaal.

Van dié boetes het verval omdat hulle vir so lank uitstaande is.

Toe Rapport se verslaggewer hom destyds gevra het oor die boetes, het Malema gesê: “Ek ken net revolusie, ek weet niks van motorbestuur nie.”
“Laat ek jou vertel, my vriend, ek het jou en jou apartheidsregime oorwin en ek gaan jou weer verslaan, eens en vir altyd!” het hy gesê.
The Star het Maandag berig dat Malema se rybewys in September verlede jaar verval het.

Beeld het vasgestel die meeste van die boetes is uitgereik vir oortredings in Mercedes-Benz C-klas voertuie. Daar is ook boetes vir ’n Hyundai Tucson.

Sy grootste boete was R1 100 toe sy motor om 15:12 op 21 September 2008 teen 169 km/h op die N1-Suid afgeneem is.
Beeld het ook vasgestel dat mnr. Tumi Mokwena, Malema se prokureur, vroeër die week op ’n mediakonferensie verkeerdelik beweer het dat hy, kort ná Malema se verkiesing tot president van die jeugliga in 2008, gereël het dat Malema verwyder word as direkteur van verskeie maatskappye.
Mokwena het gesê hy het die vorms persoonlik aanlyn ingevul.

Maar volgens dr. Elsabe Conradie, woordvoerder vir die kantoor vir die registrasie van maatskappye en intellektuele eiendom (Cipro), hou die enigste bedankingsbrief wat hulle van Malema gekry het, verband met die maatskappy Nkgape Mining Investment.

Volgens haar is dit onmoontlik dat Mokwena ’n elektroniese versoek voltooi het. “Wanneer elektroniese dokumente ingedien is, word dit onmiddellik deur ons stelsel opgetel.”

Conradie het gesê van die maatskappye word geskrap omdat hulle nie jaarlikse opgawes ingedien het nie. “Dit het niks uit te waai met daardie maatskappye se direkteure nie.”

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Assistant Manager Customers Sigmintation

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Internal Recruitment Consultant

Sandton, South Africa
CEB Maintenance Africa (Pty) Ltd
Market Related

Debtors Clerk

Johannesburg, South Africa
Profile Placement cc
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.