Rykes melk medies

2012-01-25 21:44

Gegoede gesinne in die noordelike voorstede van Johannesburg en die Kaapse Wynland boer by terapeute en eis vir dienste wat nie altyd medies van aard is nie.

Dr. Jonathan Broomberg, uitvoerende hoof van Discovery Health, het gister gesê ’n paar gesinne in dié gebiede was in ’n minderheid wat sogenaamde “terapeutiese en aanvullende gesondheidsvoordele” soveel gebruik het dat die fonds gedwing is om dit te beperk.

Die perk is nou tussen R4 000 en R21 000 per jaar vir die fonds se drie topplanne, afhangend van die plan en hoeveel gesinslede daar is.

Voorheen was van dié terapie onbeperk.

Diensverskaffers en lede het die laaste weke daaroor gekla. Enkele terapeute het glo beweer hulle sien nou 30% minder Discovery-lede.

Discovery-syfers toon pasiënte van die noordelike voorstede van Johannesburg het spraakterapeute en ou­dioloë gemiddeld meer as 17 keer per jaar gesien, teenoor die res van die lede se minder as vyf besoeke.

Volgens Broomberg is daar gevalle waar private skole briewe aan ouers stuur wat aanbeveel dat hul kinders allerlei soorte terapie kry by praktyke wat by die skole geaffilieer is.

Gesinne in dié voorstede besoek arbeidsterapeute meer as 12 keer per jaar, teenoor die res van lede se minder as nege keer.

Besoeke aan fisioterapeute, sielkundiges en selfs biokinetici is ook heelwat meer.

Soortgelyke syfers geld vir die Kaapse Wynland, maar nie in Pretoria se welgestelde voorstede nie.

Een geval is dié van ’n 32-jarige lid wat ’n biokinetikus in 2010 drie keer per week vir persoonlike afrigting besoek en daarvoor geëis het.

Nog een het ’n fisioterapeut twee keer per week teen ’n jaarlikse koste van R46?000 vir voorkomende behandeling teen streshoofpyn besoek.

’n Kind het ’n arbeidsterapeut in 2010 156 keer gesien vir terapie om ’n handgreep te versterk.

“Ek sê nie die terapie is onredelik nie. My vraag is of ’n mediese fonds daarvoor moet betaal,” het Broomberg gesê.

“Oorsee betaal geen gesondheidsplan vir langtermynterapie om ’n kind met sy potloodgreep te help nie.

Ek glo ’n biokinetikus se toesig oor jou daaglikse oefenprogram kwalifiseer net as gesondheidsorg as dit deel is van rehabilitasie ná ’n hartaanval of ongeluk.”

Dit is volgens Broomberg onwaar dat premies al hoe groter word terwyl voordele minder word. Die vraag na gesondheidsorg word ál groter en kos ál meer, het hy gesê.

Die neiging is ’n skuif na planne wat op dekking vir ernstige mediese toestande fokus, eerder as op minder ernstige daaglikse sorg.

 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bfn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Junior Paid Search Specialist

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

Floor Manager

Roodepoort, South Africa
Gemini Recruitment
R8000 - R9000

Senior Copywriter

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.