SA Rugby se klagte oor ‘groen-en-goue bier’ van hand gewys

2009-11-24 02:25

SA Rugby het Windhoek Lager by die gesagsowerheid vir reklamestandaarde (ASA) verkla oor die gebruik van die frase: “Die groen-en-goue bier” in een van sy advertensies.

SA Rugby het in sy klagte aangevoer dat Castle Lager, wat deur Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) vervaardig word, die amptelike bierborg van die Springbokspan is.

Luidens die klagte skep die gebruik van “groen-en-goue bier” die indruk dat Windhoek Lager die amptelike borg is.

SA Rugby het in sy klagte aangevoer dat die advertensie gedurende ’n wedstryd rondom 16 Junie, in die “middel” van die Britse en Ierse Leeus se toer in Suid-Afrika uitgesaai is.

SA Rugby het verder aangevoer dat die amptelike naam van die toer die “Castle South Africa 2009 Lions Series” is.

SA Rugby het verder gesê dat die gebruik van dié frase op ’n donkergroen agtergrond met ’n goue raam doelbewus gekies is om ’n verband met die Springbokspan aan te dui.

Volgens SA Rugby het Castle sedert sy herinsluiting in internasionale rugby in 1992 Suid-Afrikaanse rugby op verskeie maniere geborg en het geen ander bier die reg om ’n verband met die SA Rugby-handelsmerk of die Springbokspan toe te eien nie.

SA Rugby het onder meer sy klagte gegrond op die deel van die uitsaaikode wat met nabootsing handel.

Brandhouse Beverages, wat Windhoek Lager bemark, het in sy verweer aangevoer dat hy die kleure groen en goud sedert 2002 in alle bemarking van dié bier aanwend. Volgens Brandhouse verwys “groen en goud” bloot na die kleure van die verpakking van dié bier.

Brandhouse het aangevoer dat hy die betrokke advertensieveldtog sedert Julie 2007 gebruik.

ASA se beslissingsraad het bevind dat daar onvoldoende bewyse is dat Brandhouse die advertensiekode oortree het. Die beslissingsraad het die klagte gevolglik van die hand gewys.

Hy het SA Rugby egter aan- geraai om ’n nuwe klagte in te dien wat op die borgskapkode gegrond is.

- Beeld

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

LOVEMORE PARK

House R 28 000 000

EVERTON

House R 9 500 000

PRETORIA NORTH

House R 895 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...