SA jonges sit op tydbom

2009-12-22 06:02

Suid-Afrika sit op ’n “maatskaplike tydbom” met sy meer as 3 miljoen mense tussen 18 en 24 jaar oud wat nie werk het of enige onderrig of opleiding kry nie.

Luidens ’n verslag, Responding to the educational needs of post-school youth, wat onlangs verskyn het, is dit nie net ’n onderwysprobleem nie, maar deel “van ’n maatskaplike en ekonomiese ramp”.

“Dit dui nie net op ’n massiewe vermorsing van talent nie, maar ook op die moontlikheid van ernstige ontwrigting.”

In 2007 was 2,8 miljoen van die sowat 6,7 miljoen jongmense tussen 18 en 24 jaar sonder werk of opleiding.

Net 35,3% van hulle het ’n opvoedkundige instelling bygewoon.

Die studie is deur die Sentrum vir Hoëronderwystransformasie, die Instituut vir Verdere Onderwys en Opleiding, die regering en die Ford-stigting gedoen.

Daar is bevind die huidige naskoolse onderwys- en werkomgewing word gekenmerk deur ’n groot aantal studente wat sonder enige verdere onderriggeleenthede uitstroom.

Die kollegesektor is geherkapitaliseer, maar het ernstige kapasiteitsprobleme.

Daarbenewens het die samesmelting van instellings ook geleenthede vir jongmense verminder, terwyl die setas misluk het en sowat 2?miljoen buitelandse werkers met betreklik goeie kwalifikasies die arbeidsmark betree het.

Die gebrek aan deelname deur 18- tot 24-jariges het ’n baie ernstige impak op hul lewensgeleenthede.

“Die twee ergste dinge wat kan gebeur, is om tussen gr.10 en gr.12 uit die skoolstelsel te val en matriek sonder vrystelling te kry,” lui die verslag.

In die studie is bevind Suid-Afrika sal sy naskoolse opleidingsgeleent­hede drasties moet uitbrei en verbeter as hy iets aan die hopeloosheid van duisende jongmense wil doen.

Voorts is bevind daar was tussen 2000 en 2007 min “demografiese transformasie” ten opsigte van wie aan hoër onderwys deelneem.

In 2000 was wit mense se kanse twee keer hoër om in universiteite te wees en in 2007 was dit drie en ’n half keer hoër.

Geldelike hulp speel ’n groot rol in wie universiteit toe gaan en na watter instellings hulle gaan.

“Ongunstige skool- en huislike omgewings beïnvloed swart jong volwassenes se opvoedkundige prestasie en skakel hul individuele vermoëns uit.”

Die studie het ook gekyk na wat die opbrengs uit opvoedkundige prestasie is en bevind mense se kans om werk te kry en beter salarisse te verdien, gaan gepaard met beter opleiding en naskoolse kwalifikasies.

Mense met matriek verdien tussen 40% en 70% meer as diegene met laer skoling. Diegene met ’n diploma of sertifikaat verdien tussen 170% en 220% meer en diegene met grade tussen 250% en 400% meer as diegene wat nie matriek voltooi het nie.

Die navorsers het aanbeveel daar moet gekyk word na hoe die hoër­onderwyssektor en die kollegesektor beter kan saamwerk en koördineer.

Daar moet ook groter duidelikheid wees oor die teiken vir toelatings wat die onderwysdepartement vir universiteite stel.

Voorts moet die gehalte van akademiese personeel by kolleges verbeter word deur opleiding en uitruilprogramme tussen universiteite en kolleges. Groter samewerking met ander regeringsdepartemente om die sosiaal-ekonomiese probleem van 41% van 18- tot 24-jariges op te los, word ook voorgestel.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

ilona.dejonge sê... 21 Mei 2012..... GOEIE MORE SUID AFRIKA!!!!!! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Magic Developer

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R384000

Systems Developer- Ruby Rails

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R400000

PA/ Office Co coordinator

Johannesburg, South Africa
Hewitt Colenbrander Recruitment
R12000 - R18000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

MAZDA

Mazda3 Sport 2.0 Individual 5-dr
2005
R 149,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 65,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.