SA vrou in tronk in Venezuela

2009-11-30 00:11

Dit gaan glo só sleg met ’n siek Suid-Afrikaanse vrou in ’n tronk in Venezuela dat sy nie meer weet waar sy is nie.

“Sy verbeel haar sy is tuis, gaan werk elke dag en het haar 17-jarige seun by haar,” het ’n vriendin van me. Zenolia du Plooy (42) gister telefonies vanuit die tronk gesê.

’n Pretoriase prokureur wil nou in ’n toetssaak veg dat die Suid-Afrikaanse konsulaat in Venezuela gelas word om toe te sien dat Du Plooy dringend mediese hulp kry, toetse ondergaan en die regte medisyne kry sodat haar toestand kan stabiliseer.

Haar prokureur, me. Annelize Joubert, bring dié dringende aansoek vandeesweek in die hooggeregshof in Pretoria.

Du Plooy is ’n jaar gelede tot agt jaar tronkstraf gevonnis nadat 799 g kokaïen by ’n lughawe in Venezuela by haar gevind is. Sy beweer Nigeriërs het die kokaïen in haar sak gesit.

Sy ly aan sistemiese lupus, ’n ongeneeslike, chroniese siekte wat met die regte behandeling beheer kan word. Praktiese probleme om Du Plooy se chroniese medikasie van Suid-Afrika by haar in Venezuela te kry het veroorsaak dat haar toestand intussen baie verswak het, het Joubert gesê.

Die departement van internasionale verhoudinge en samewerking gee glo ook nie hul samewerking nie. Die departement het teen druktyd nie op versoeke om kommentaar gereageer nie.

Du Plooy se regspan hoop sy sal, met die nodige mediese verslae, mediese kwytskelding van die hof in Venezuela kan kry en as ’n vry mens na Suid-Afrika sal kan terugkeer.

Me. Monica Botha het gister gesê Du Plooy is onlangs erg aangerand en beroof van alles wat sy by haar gehad het.

- Beeld

Kommentaar is gesluit vir hierdie storie.

A N Other 11/30/2009 7:41:03 AM
You do the crime - you do the time. Maar heng dis darem nie reg dat sy so behandel word nie. Gee ten minste haar medikasie vir haar. Ek wens hulle het sulke streg strawwe vir hier in SA tronke toegepas
yvonne 11/30/2009 2:42:46 PM
Die Suid Afrikaanse regering doen niks vir Suid Afrikaners in die Buiteland in tronke nie. Maar hier speel hulle swart moordenaar broers, sokker, kry funksies waar die CoCa Cola lorry is, kyk tv en leef lekker. Party van die in die Parlement hoort ook in trinke in en hulle weet dit dit is hoekom hulle so goed na hulle medebroers kyk. In Thailand is baie Suid Afrikaners in die tronke ( Ons het daar gewoon) en ek verseker jou die Ambassade
het vergeet hulle is daar. !!
Charne 12/1/2009 12:09:13 AM
In n geval soos die dink ek dat Me du Plooy die doodstraf meer sou waardeur as om so gemartel te word, dis onmenslik
Julian 12/9/2009 12:08:49 PM
Do the crime you do the time? Jy ken haar nie. Wie de hel dink jy is jy? Ek ken haar. Sy's 'n gooie mens. kom ek se dit rêrig stadig "SHE WAS SET UP!" en dit by een van daai buitelandse idiote wat ons "ooo so goeie regering" toe laat om te kom en gaan soos hulle lus het. Die goed was inderdaad in haar bagasie gesmokkel sonder dat sy daarvan weet. Gaan ons nou almal saam staan, of gaan ons maar maak soos die Boere nasie gewoond geraak het, "Eendrag Verkrag"?
A N Other 12/9/2009 2:07:11 PM
@Julian, as jy haar dan nou ken en WEET die goed was geplant dan beteken dit mos jy was daar!! Was dit dalk JY wat die goed daar in haar sak geplaas het? :) :)
Cathy 12/9/2009 2:12:36 PM
Julian kan jy asb vir my ook verduidelik waar sy heen op pad was toe die dwelm in haar tas gesit is. Het sy gaan vakansie hou of was sy vir besigheid daar na toe. Is sy een van die onskuldiges wat so 'n aanbod van 'n vakansie kry en dit glo. Please grow up en klim van jou perdjie af. Wat te goed is om te glo ........

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

CA (SA)

Gauteng
Hire Resolve
R600,000-650,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Financial accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Liquer Store Manager/ Controller

Mpumalanga
Hutech International Group

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

LOVEMORE PARK

House R 28 000 000

EVERTON

House R 9 500 000

PRETORIA NORTH

House R 895 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...