SMS aan pa in kerk red gesin se lewe

2009-08-27 00:30

‘Dad, daar is swartes met guns in ons huis.”

Dié SMS van ’n kalm 16-jarige meisie van Montana in die noorde van Pretoria aan haar pa in die kerk het waarskynlik die lewe van haar broer en ma, ’n superintendent in die polisie, gered.

Lunique Lottering het eergister omstreeks 19:45 in haar slaapkamer se badkamer weggekruip terwyl drie gewapende rowers haar ma, supt. Cathy Lottering (41), en broer, Tyran (11), aangehou, vasgebind en beroof het.

Een rower het Tyran voor die televisie oorval en ’n ander sy ma in haar slaapkamer op die boonste verdieping.

“Hulle het ons hande met plastiekkabels agter ons rûe vasgebind. Tyran het aanhoudend aan hulle gesê: ‘Moet my nie seermaak nie, ek sal julle wys waar die kluis se sleutels is’,” het supt. Lottering gesê.

Die rowers het hulle na die hoofslaapkamer se inloopkas geneem waar supt. Lottering vir hulle ’n kluis oopgemaak het.

Hulle het haar dienspistool, haar man se pistool en juwele gesteel. Lunique, wat in dié stadium in haar kamer was, het die gewoel gehoor en gaan kyk wat aangaan.

Toe sy by haar ma se kamerdeur kom het haar ma haar eerste gewaar en met die oë en kop beduie om nie in te kom nie.

Sy is dadelik terug na haar kamer waar sy eers haar selfoon se klank afgesit het en ’n SMS aan haar pa, Riaan (42), gestuur het. Hy was by ’n koor-oefening by die Ou Apostoliese Kerk in Montana.

“Omdat my pa nooit SMS’e lees as hy by die kerk is nie het ek ook al my please call me’s gestuur,” het Lunique gister langs haar pa se bed by die Montana-hospitaal gesê.

Mnr. Lottering het gesien sy telefoon, wat op ’n kas in die kerk gelê het, vibreer aanhoudend en het besluit om die boodskappe te lees. Hy het die polisie en ADT-veiligheidsmaatskappy gebel en met ’n gemeentelid huis toe gejaag. Nog gemeentelede het in ’n ander voertuig agternagekom.

Langs die pad het hy ’n polisievoertuig voorgekeer en hulp gevra. By sy huis het mnr. Lottering ’n voertuig in sy oprit sien staan. Toe hy by die hek kom, het ’n man met ’n 9?mm-pistool uit die voertuig geklim en hom deur sy bakkie se deur in die regterbeen net bokant die knie geskiet.

Kapt. Jan Sepato, polisiewoordvoerder, het gesê ’n wilde jaagtog en skietgeveg tussen die polisie en die rowers het kort daarna uitgebreek. “Meer as 100 skote is oor en weer afgevuur. Die rowers se Audi se agterruit is stukkend geskiet en die polisievoertuig is ook talle kere met 9?mm-pistole en R5-aanvalsgewere raak geskiet.”

Die rowers het met drie selfone, twee pistole, ’n skootrekenaar en ’n televisiestel weggekom.

- Beeld

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Assistant Manager Customers Sigmintation

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Internal Recruitment Consultant

Sandton, South Africa
CEB Maintenance Africa (Pty) Ltd
Market Related

Debtors Clerk

Johannesburg, South Africa
Profile Placement cc
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.