Sakelui rol moue op vir naam-stryd

2010-09-06 22:13

Inwoners en sakelui se moue is opgerol vir die geveg om ’n besluit om Nelspruit se naam na Mbombela te verander, te laat herroep.

Van môre gaan die Lowveld Chamber of Business and Tourism (LCBT) ’n grootskaalse petisieveldtog van stapel stuur in ’n poging om die naamsverandering te beveg.

Nelspruit se naam is ondanks geweldige plaaslike teenkanting in Oktober verlede jaar na Mbombela verander.

Die gebruik van dié naam is uitgestel omdat Fifa gesê het die gebruik van die nuwe naam sou tydens WB 2010 tot verwarring lei.

Daar is intussen stil-stil begin om die naam te gebruik.

“Ons wil nie graag met regstappe dreig nie, maar ons sal dit as laaste uitweg doen,” het mnr. Nic Elliot, president van die sakekamer, gesê.

“Tot tyd en wyl ons nie alle moontlike weë gevolg het om die naamsverandering behoorlik deur te trap nie, sal ons dit eenvoudig nie aanvaar nie.”

Verskeie gesiene ANC-lede, wat anoniem wil bly, het gister gesê hulle steun die kamer se veldtog.

“Ongelukkig kan ons as ANC-ondersteuners nie ons mening amptelik daaroor lug nie, maar ons gaan die petisie vir seker onderteken,” het ’n bekende voormalige politikus van die party in Mpumalanga gister aan Beeld gesê.

Volgens hom hoop die sakekamer om die regering met die protesaksie te dwing om die naam Mbombela te deproklameer.

Die sakekamer beoog om vandeesweek met ’n deur-tot-deur-veldtog te begin om handtekeninge in te samel.

Tot die skole gaan betrek word, het Elliot gesê.

“Ons het me. Lulu Xingwana (minister van kuns en kultuur) verlede jaar al genooi om Nelspruit te besoek om haar van die teenstand teen die verandering te vergewis.

Ons het geen beswaar dat die munisipaliteit Mbombela genoem word nie, maar ons kan nie toelaat dat die hoofstad en die stadsraad dieselfde naam het nie.

“Nelspruit is net deel van die groter Mbombela-metro, net soos Witrivier en Hazyview deel daarvan is.”

Volgens Elliot is die proses wat sedert 2008 gevolg is om die naam te verander, heeltemal onvoldoende.

Die inwoners en sakelui is gefrustreerd deur die prosedures wat die taakspan wat die naamsverandering hanteer het, gevolg het.

“Ons reken dat net ’n baie klein groepie mense, van wie die meeste nie eens van Nelspruit afkomstig is nie, se bydraes en stemme gebruik is om die naamsverandering deur te druk.”

Elliot het gesê die sakekamer meen ook daar is geen grondige rede om Nelspruit se naam te wil verander nie.

“Nelspruit se naam is nie rassisties of afstootlik nie en het geen politieke konnotasie nie.”

Die miljoene rande wat bestee is om Nelspruit tydens WB 2010 te bemark, sal vermors word as die nuwe naam sou voortbestaan, meen hy.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

i20 1.4 GL 5-dr
2011
R 129,900.00

VOLKSWAGEN

CC 2.0 TDi Highline Dsl DSG
2011
R 306,874.00

TOYOTA

Avanza 1.3 SX MPV
2011
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.