Sandra se verhouding op rotse

2012-02-07 22:27

Sandra Prinsloo en prof. Willem van Riet, haar gewese lewensmaat.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die veteraan-aktrise Sandra Prinsloo se verhouding van sewe jaar met prof. Willem van Riet het op die rotse geloop.

Die paartjie het kort voor Kersfees besluit om elkeen hul eie paadjie te stap.

Prinsloo, wat tans die regie doen van twee stukke wat by die KKNK opgevoer gaan word en tussendeur ook skiet aan die TV-drama Erfsondes, het die verbrokkeling van haar verhouding met Van Riet gister bevestig.

In ’n onderhoud met Beeld in Julie 2009 het Prinsloo Van Riet só beskryf: “My groot romance, nie my man nie, nie my vriend nie, my life partner.”
“Ek het nooit die omvang van Willem se betrokkenheid by projekte in Swede besef nie.

“Daar gebeur in elke mens se lewe dinge waaroor jy moet besluit: Gaan ek op dieselfde pad stap of gaan ek aanbeweeg en my eie pad stap? Ek het besluit om, wat Willem betref, my eie pad te stap.”

Getrou aan haar reputasie dat sy selde oor haar private lewe praat, het Prinsloo gesê sy gaan nie kommentaar lewer op hardnekkige stellings van haar naaste vriende dat “’n Sweedse vrou in haar vroeë veertigs” ’n rol gespeel het in die verwydering tussen haar en Van Riet nie.

Van Riet, ’n omgewingskonsultant wat sy werk veral in de buiteland doen, het gister ontken dat ’n ander vrou die oorsaak was dat sy en Prinsloo se verhouding skipbreuk gely het.

“Ek en Sandra is uitmekaar gedryf deur ons albei se baie vol programme en die min tyd wat dit ons vir mekaar gelaat het.

“Sandra is ’n fabulous mens en ek bly lief vir haar. Die werklikheid is egter dat ek en sy uiteen gedwing is deur omstandighede.”

Prinsloo en Van Riet se verhouding het in 2006 hoofopskrifte gehaal toe Van Riet se vrou ’n eis teen Prinsloo ingestel het as ’n derde party in hul huweliksverbrokkeling.

Die eis is laat vaar toe Van Riet en sy eksvrou geskik het.

Prinsloo sal in die paartjie se huis in Kalkbaai aanbly.
 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

LAND ROVER

Discovery 2.5 TD5 ES 4x4 Dsl AT
2004
R 229,000.00

LEXUS

IS 250
2006
R 280,000.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Comfortline 5-dr
2003
R 95,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.