Sanger sterf onder bussie

2010-08-29 21:31

Die sanger Gerrie Pretorius op die ongeluktoneel. Foto: Alet Pretorius

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dwayne Venter (21), oftewel Raapie Knaapie van die groep DJ Ossewa, is gistermiddag in ’n motorbotsing op die N4-snelweg naby Brits dood.

Jerbes de Bruyn, eerder bekend as Jerbes die Leeuboer, Pieter Rischmüller, wat Piet Pompies is, en hul klankman, Jaco Harding, is beseer en na die Brits Medi-Clinic geneem.

Riaan van Wyk, wat Daniel Jakobus Ossewa is, was nie in die voertuig nie.

Gerrie Pretorius, ’n sanger en vriend van die groep, was kort ná die botsing op die toneel.

“Dit is so hartseer. Hy was ’n goeie vriend en die gom wat DJ Ossewa aanmekaar gehou het,” het Pretorius gesê.

“Ons verdien ons brood op die pad, maar ons haal ook ons dood op die pad.”

Volgens Pretorius het die groep eergisteraand in Zeerust opgetree en was hulle gister op pad terug Pretoria toe.

Van Wyk was nie saam nie omdat hy nog van ’n besering aan sy ribbes herstel.

Kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder in Noordwes, het gesê ’n VW Polo het na bewering op die snelweg by die Brits-op- en -afrit oor ’n sperstreep ’n U-draai gemaak.

Die Mercedes-Benz Transporter-bussie waarin die groep gery het, het teen die Polo gebots.

Pretorius het gesê die bussie het ná die botsing gerol.

Volgens hom is Venter, wat op die middelste bank gelê en slaap het, vermoedelik uit die voertuig geslinger en het hy onder die voertuig beland. Hy is op die toneel dood.

Rischmüller het sy enkel en sy elmboog beseer, maar is gistermiddag laat uit die hospitaal ontslaan.

De Bruyn en Harding het albei nekbeserings opgedoen.

Die man en vrou wat in die VW Polo gery het, is net lig beseer. Die botsing het kort ná 12:00 gebeur.

Die groep se waentjie, waarop ’n foto van hulle is, het in stukke in die veld langs die hoofweg gelê.

Mnr. Ian Vos, wat DJ Ossewa se CD’s vervaardig, het gesê dit gaan sleg met die lede van die groep, maar veral Rischmüller kry swaar.

Rischmüller was die enigste wat ná die botsing nog by sy bewussyn was.

Hy het De Bruyn, wat op die agtersitplek gelê en slaap het, uit die voertuig gehaal.

Nes De Bruyn, het Harding ook eers ná die botsing sy bewussyn herwin.

“Raapie was ’n regte ‘softie’. ’n Sagmoedige reus en ’n teddiebeer,” het Pretorius gesê.

“Die groep was geweldig gewild en uniek omdat daar niemand anders is wat gedoen het wat hulle gedoen het nie.”

Sowat ’n uur ná die botsing het mense reeds op DJ Ossewa se Facebook-blad hulde aan Venter gebring.

Botma het gesê ’n saak van strafbare manslag word ondersoek.

Kunstenaars

Op Facebook en Twitter:

Ek vra dat ons almal hulle in ons gebede opdra. Mag die Here vertroosting bring in hierdie moeilike tyd aan al hul familie en vriende. – Amor Vittone

Slegte nuus oor Rapie. Baie hartseer dag. – Johrné van Huyssteen

Rapie ... jy was ’n legende, rus sag en in vrede my vriend. – Thys die Bosveldklong

My hart gaan uit na DJ Ossewa se families. Dwayne my maat, ek sien jou weer eendag da bo. Ons mis jou reeds. – Jakkie Louw


Mense op die ongeluktoneel op die N4 waar Dwayne Venter, oftewel Raapie Knaapie van die groep DJ Ossewa, dood is. Foto: Alet Pretorius


Die sanger Gerrie Pretorius op die ongeluktoneel. Foto: Alet Pretorius


DJ Ossewa. Agter staan Dwayne Venter (Raapie Knaapie) en voor van links is Riaan van Wyk (Daniël Jacobus Ossewa), Pieter Rischmüller (Piet Pompies) en Jerbes de Bruyn (Die Leeuboer).Pieter Rischmüller: Hy het sy enkel en sy elmboog beseer.Jerbes de Bruyn: Hy het nekbeserings opgedoen.Dwayne Venter: Hy is dood.Riaan van Wyk: Hy was nie in die voertuig nie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
157 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

JD Edwards BA

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Financial Controller

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Management Accountant

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

LAND ROVER

Discovery 2.5 TD5 ES 4x4 Dsl AT
2004
R 229,000.00

LEXUS

IS 250
2006
R 280,000.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Comfortline 5-dr
2003
R 95,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.