Sersant word eers weer skoonmaker

2010-03-18 23:17

Genl. Godfrey Ngwenya. Foto: felix dlangamandla

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die hoof van die weermag, genl. Godfrey Ngwenya, gaan vandeesweek opdrag gee dat ’n skoon­maker in die weermag wat byna oornag ’n sersant geword het, voorlopig weer ’n skoonmaker word.

Ngwenya het gister aan Beeld gesê die skoonmaker sal weer ’n skoonmaker word totdat ’n raad van ondersoek bepaal het hoe haar meteoriese bevordering gebeur het.

Volgens Ngwenya lyk dit op die oog af inderdaad asof daar onreëlmatighede in haar aanstelling was.

Hy wil hom vergewis van hoe dit gebeur het en wie daarvoor verantwoordelik is.

“Hoër gesag moet gewoonlik sulke aanstellings goedkeur. Ons moet bepaal wie presies by haar aanstelling betrokke was en hoe dit toegelaat kon word,” het Ngwenya gesê.
Hy hou persoonlik ’n ogie oor die ondersoek.

Die ondersoek is ingestel nadat Beeld onlangs navraag gedoen het oor hoe dit moontlik is dat me. Mmaluka Louisa Flo-rence Mgcina (38), wat sedert 2007 as skoonmaker in die weermag gewerk het, in Desember verlede jaar ’n sersant geword het.

Ontstoke mede-sersante van Mgcina het die bevordering onder Beeld se aandag gebring nadat hul eie navrae op dowe ore geval het.

Sy is in Desember aangestel terwyl heelwat soldate en senior offisiere met verlof was.

Sy het onmiddellik die volle voordele van ’n sersant – insluitend 100% medies – ontvang, hoewel sy net matriek het.

Sy het géén militêre agtergrond of bykomende kwalifikasie nie.

Kort ná haar “aanstelling” is verskeie van haar voormalige skoonmakerkollegas se kontrakte beëindig. Hulle meen haar rangaanstelling hou dalk daarmee verband en dat sy geweet het dié kontrakte gaan beëindig word.

Ervare onder-offisiere wat elke moontlike kursus gedoen het om sersante te word, het gesê gevalle soos dié maak hulle moedeloos oor hul loopbaanmoontlikhede.

Mgcina het in 2007 teen R3 603 per maand as skoonmaker vir die weermag begin werk. Teen Desember verlede jaar het sy R4 593 per maand verdien, maar toe word sy as lid van die Staande Mag in die pos van “militêre raadgewer” aangestel met ’n salaris van R10 182.

Sy sou later vanjaar ondanks haar ouderdom eers haar basiese opleiding moes ondergaan.

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2003
R 119,995.00

VOLVO

S40 2.4i Geartronic
2005
R 169,000.00

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2006
R 249,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.