Seun sterf vir rekenaar

2010-04-06 21:59

’n Matriekseun is deur sy slaapkamervenster op hul kleinhoewe buite Pretoria in sy bed vir sy skootrekenaar geskiet.

Ernst Hoon (18) wat tuisonderrig ontvang het, is gister om 03:00 by Leeuwfontein, noordoos van Pretoria geskiet. Hy het daarna na sy ma se kamer gestrompel en gesê: “Ek’s geskiet.”

Mnr. Deon Hoon, Ernst se pa, het gesê sy seun het toe verder na die badkamer gesukkel waar hy inmekaar gesak het.

Ernst se ma, Brenette (51), en sy suster, Kalike (21), het daarna vergeefs probeer om hom by te bring, maar hy het aan sy skietwond beswyk.

Hoon het gesê sy seun se moordenaars het eers sy kamervenster oopgebreek en Ernst toe deur die stukkende venster geskiet terwyl hy in sy bed gelê het.

“Hulle het toe deur die venster gespring en sy skootrekenaar gesteel. Sy ma het die venster hoor breek en die skoot gehoor toe dit afgaan en kort daarna het Ernst by haar kamer ingekom,” het mnr. Hoon gesê.

Volgens hom is daar drie wonings op die kleinhoewe in Leeuwfontein.

Ernst se grootouers woon in een huis, Ernst en sy ma en suster in die tweede en mnr. Hoon self woon in die derde huis. Hoon en Ernst se ma is geskei.

Toe hy oomblikke ná die skietery op die toneel kom, was sy seun reeds dood. “Dit was erg om hom daar te sien lê. Lewe het nie meer betekenis vir die moordenaars en rowers nie. Ek is baie kwaad.

“Die regering moet iets doen omtrent die misdaad. Dit is besig om hand uit te ruk,” het Hoon gesê.

Hoon het gesê sy seun was ’n gewone tiener. “Die een dag opgewonde en die ander dag het die wêreld hom gedruk.

Tog kon hy baie maklik baie snaaks wees. Hy het dinge baie ernstig opgeneem, veral sy studies en het beplan om in die regte te studeer,” het Hoon gesê.

Ernst se ma en suster was gister te geskok om met Beeld te praat.

Mnr. Deon Grobler, voorsitter van die Gebiedbeskermingsaksie (GBA) in Leeuwfontein, het opnuut ’n beroep op alle inwoners in die gemeenskap gedoen om by hul netwerk aan te sluit.

“Omdat die gesin nie by ons netwerk ingeskakel is nie, het ons te laat gehoor van die aanval. As ons betyds gehoor het, kon ons moontlik die verdagtes aangekeer het,” het Grobler gesê.

Konst. Sam Shibambo, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het berading aan die gesin verskaf.

Hy het gesê die polisie ondersoek ’n saak van gewapende huisroof en moord.

Mense met inligting oor die moord kan die polisie tolvry bel by 10111 of ’n anonieme boodskap SMS na Crime Line by 32211.
 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T FSi Attraction MY09
2008
R 209,900.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2008
R 329,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.