Sieklike man met panga doodgekap

2010-03-05 22:52

Insp. Kinnie Steyn, polisiewoordvoerder, troos me. Meisie Smith (52) gisteroggend op die moordtoneel van mnr. Robert Naudé Hunter (68), Smith se aanstaande skoonpa. Foto: Sonja van Buul

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

'n Sieklike man wat “voetjie vir voetjie geloop” het, is gisteroggend in ’n huisrooftog buite Vanderbijlpark doodgekap, vermoedelik met ’n panga.
Mnr. Freddie Hunter het sy pa, mnr. Robert Naudé Hunter (68), voor dagbreek dood in ’n plas bloed gevind.

Sowat twee uur later het die polisie drie mans in verband met die moord vasgetrek.

Hunter jr., wat op dieselfde Mullerstuine-hoewe as sy pa woon, maar in ’n ander huis, het omstreeks 05:00 ’n lawaai gehoor en aangeneem dis hul twee troetelvarke, Vaatjie en Biscuit, wat moles maak. “Toe ek buitentoe kyk, loop Vaatjie egter rustig verby die venster en ek het onder meer opgemerk die gevaarligte van my pa se Ford Falcon XR6 flikker.”

Hunter jr. het sy handvuurwapen gaan haal en buite gesien hoe twee mans uit die motor spring en weghardloop.

“Ek het vier skote in die grond geskiet, maar as ek geweet het hulle het my pa vermoor, sou ek geskiet het om dood te skiet.”
Hy het alarm gemaak en sy verskrikte verloofde, me. Meisie Smith, het die polisie gebel.

Hunter jr., ’n oudpolisieman, is terug na die moordhuis terwyl hulle op hulp gewag het.
“Ek het buite na my pa geroep en aan sy slaapkamervenster geklop.”

Met veiligheidswagte aan sy sy het hy by die huis ingegaan.
“Ek is dadelik na die spaarkamer waar die wapenkluis is en sien toe eerste my pa se bleek voete. Ek het hom dood in ’n groot plas bloed gevind.”
Volgens insp. Kinnie Steyn, polisiewoordvoerder, was twee van Hunter sr. se vuurwapens in die Ford, maar ’n derde een is spoorloos. “Ons het ook onder meer ’n televisie en ’n plastieksak met ’n koeldrank- en drankbottel en ’n karton sigarette buite gevind.”

Die moordenaars het vermoedelik by ’n sitkamervenster ingekom nadat hulle ’n veiligheidstralie afgebreek het.

“Ons hond, Popcorn, sou ons beslis gewaarsku het, maar hy is Maandag doodgebyt,” het Hunter jr. gesê.
Sy broer, Kobus, en dié se vrou, Vanessa, asook mev. Martie van Heerden, Smith se dogter, was van die mense wat hulle kort ná die doodstyding na die moordtoneel gehaas het en wou geskok weet: Hoekom het die huisrowers nie maar eerder net die weerlose man vasgebind nie?

“Ek vermoed my pa het aan Parkinson se siekte gely,” het Freddie Hunter gesê. “Hy het voetjie vir voetjie geloop en sou omgeval het as ’n mens liggies aan hom gestamp het.”

Volgens Kobus Hunter was hul pa ’n geliefde oud-ambagsman wat met sy bewende hande motors gerestoureer het.

Sy vrou, Christine (59), is sowat drie jaar gelede weens ’n hartaanval dood.

Volgens Steyn het die Vanderbijlpark- en die Barrage-polisie sowat twee uur ná die moord drie geharde misdadigers in hegtenis geneem.
“Die mans is reeds gesoekte moord- en roofmisdadigers. Hunter se selfoon en juweliersware is teruggevind en ons het beslag gelê op ’n onwettige haelgeweer.”

Freddie Hunter het die polisie geloof vir hul puik optrede.

Die moordwapen en die vermiste vuurwapen is nog nie teruggevind nie.

Die verdagtes verskyn na verwagting Maandag in die Vanderbijlpark-landdroshof.

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T FSi Attraction MY09
2008
R 209,900.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2008
R 329,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.