Simply Slim: Eise kan kom

2010-02-07 23:45

Simply Slim se vervaardigers en verspreiders kan deur bedrogklagte en skadevergoedingseise in die gesig gestaar word nadat sibutramien in besendings van dié verslankingsmiddel gevind is.

Regslui by wie Beeld navraag gedoen het, is dit eens dat ’n wanvoorstelling aan die publiek gedoen en die publiek mislei is.

’n Simply Slim-advertensie lui dat dit ’n “100%-kruiemiddel” is wat geen sibutramien bevat nie.

“Daar kan ’n bedrogsaak uitgemaak word omdat die publiek op Simply Slim se webtuiste en op die verpakking die waarborg gegee is dat die produk ’n 100% natuurlike middel is terwyl dit glo nie die geval was nie,” het adv. Johann Engelbrecht, SC, wat al waargeneem het as regter, gister gesê.

“Daarbenewens kan verbruikers wat weens die wanvoorstelling skade gely het, skadevergoedingseise teen die vervaardigers en verskaffers van Simply Slim indien.”

Mnr. Wessie Wessels, ’n prokureur, het beaam dat dit “verskriklike ernstige implikasies” vir die gebruikers van Simply Slim kan inhou as hulle onwetend voorskrif-verslankingsmiddels ingekry het terwyl hulle nie behoorlik gemonitor is nie.

“As hulle kan bewys dat die gebruik van Simply Slim die oorsaak van hul skade is, kan hulle skadevergoeding eis weens onder meer mediese koste, ongerief, vir vrees dat hul lewe in gevaar is nadat dit aan die lig gekom het dat van die besendings sibutramien bevat het, sowel as vir die toekomstige behandeling wat hulle weens die skade sal moet ondergaan.”

Volgens Wessels is bedrog gepleeg toe daar aan die publiek voorgegee is Simply Slim is ’n 100%-kruiemiddel wat geen sibutramien bevat nie, terwyl dit na bewering nie die geval was nie. “As Simply Slim geweet het hul produk bevat sibutramien, moes hulle die publiek gewaarsku het oor die newe-effekte wat die gebruik daarvan kan veroorsaak.”

Volgens mnr. Oeloff de Meyer, nog ’n prokureur, is ’n wanvoorstelling gedoen tot nadeel van die verbruiker, maar daar sal bepaal moet word of Simply Slim die publiek doelbewus om die bos gelei het om bedrog te kan bewys. “Ongeag of Simply Slim bewus was van die sibutramien in van sy besendings, kan hulle aanspreeklik gehou word vir verbruikers se skadevergoeding.

“Dit was Simply Slim se verantwoordelikheid om seker te maak hul produk is ’n 100%- kruiemiddel.”

Die Suid-Afrikaanse Medisynebeheerraad (MBR) het Simply Slim verlede week verbied om sy produk in Suid-Afrika te verkoop en in te voer. Simply Slim moes ook van alle winkelrakke verwyder word.

Die verbod het gekom nadat die raad in sy ondersoek na Simply Slim beslag gelê het op die voorraad van verskeie verskaffers en dit laat toets het.

Van die besendings het sibutramien bevat. Dit is die aktiewe bestanddeel van ’n bylae 5-voorskrifverslankingsmiddel wat newe-effekte soos hartprobleme kan veroorsaak.

Mnr. Lance Rothschild, wat navrae namens Simply Slim hanteer, het gister gesê Simply Slim het Vrydagaand ’n kennisgewing uitgereik dat sy kapsules aan die mark onttrek word en gee sy volle samewerking in die MBR se ondersoek.

In die kennisgewing vra Simply Slim sy gebruikers om onmiddellik op te hou om die kapsules te neem nadat van sy besendings positief getoets het vir sibutramien.

“Die teenwoordigheid van sibutramien in Simply Slim-kapsules kan skadelike newe-effekte hê wat insluit naarheid, hoofpyn en kardiologiese gebeure,” lui die kennisgewing.

Simply Slim vra gebruikers om die kapsules in hul besit aan sy agente, subagente of by die hoofkantoor in Brooklyn, Pretoria, terug te besorg.

- Beeld

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

406 ST 2.0
2007
R 279,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2006
R 74,995.00

BMW

323i E90 AT
2006
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.