Simply Slim verbied

2010-02-05 21:51

Simply Slim. (Lisa Hnatowicz)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Antoinette Pienaar

Johannesburg - Simply Slim moet sy produk van winkelrakke verwyder en is verbied om dit in Suid-Afrika te verkoop of hierheen in te voer.

Tog is van dié verslankingsmiddels steeds gister verkoop, al het die Suid-Afrikaanse Medisynebeheerraad (MBR) reeds Dinsdagaand ’n skrywe aan Simply Slim gestuur om hulle van die verbod in te lig.

Die verbod kom nadat Beeld sedert November verlede jaar klagtes van die publiek oor Simply Slim ondersoek en verskeie kere daaroor berig het.

Teen gistermiddag was talle agente landwyd nog onbewus van die MBR-kennisgewing.

Die verbod, wat gister aan die media bekend gemaak is, het gedurende die dag ’n stormloop onder lede van die publiek veroorsaak wat vir oulaas probeer het om dosies daarvan in die hande te kry.

“Die hele wêreld soek voorraad. Een vrou soek spesifiek die pille met sibutramien in,” het ’n subagent gisteroggend aan Beeld gesê. Bestellings kon gisteroggend steeds op die Simply Slim-webwerf geplaas word, maar teen die middag was daar ’n boodskap dat hulle “tydelik uit voorraad” is.

Gistermiddag het Beeld gesien hoe ’n Simply Slim-winkel in ’n winkelsentrum in Centurion steeds die produk aan iemand verkoop. Die bestuurder, ene Henry, het gesê hulle het opdrag om nie met Beeld te praat nie en verstaan die verbod geld eers van vandag.

Me. Mandisa Hela, registrateur van die MBR, het egter gesê die verbod is dadelik van krag. Volgens haar moes Simply Slim die MBR se skrywe op die laatste teen Woensdag ontvang het.

Desondanks het Simply Slim gister steeds op radiostasies geadverteer en ’n volblad-advertensie in The Star gehad.

Die MBR het ná ’n raadsvergadering op 27 Januarie besluit om Simply Slim te verbied.

Volgens die raad het hy in sy ondersoek na die produk beslag gelê op Simply Slim-voorraad van verskeie verskaffers en dit laat toets.

Sekere besendings het sibutramien bevat. Dis die aktiewe bestanddeel van ’n skedule?5-voorskrifverslankingsmiddel wat newe-effekte soos hartprobleme kan veroorsaak.

Die MBR het ook klagtes van die publiek ontvang, onder meer oor naarheid, kopseer, gemoeds- en kardiovaskulêre simptome.

Die MBR het gesê die middel sinefrien in bitterlemoen, wat Simply Slim beweer is in sy produk, is ook ’n skedule?5-middel.

Volgens die MBR word verkope van Simply Slim opgeskort totdat die vervaardiger meer ondersteunende data oor die veiligheid, gehalte en doeltreffendheid van die middel aan die raad voorgelê het en dit geëvalueer is.

Die owerheid het bevind die risiko’s verbonde aan die produk is groter as die voordele en dit moet as medisyne geregistreer word voordat dit weer verkoop kan word.
Mnr. Fidel Hadebe, woordvoerder van die gesondheidsdepartement, het gesê enigiemand wat die MBR-verbod verontagsaam, kan met die polisie te doen kry. “Ek verneem Simply Slim kan teen die verbod appelleer, maar tot dan staan dit.”

Simply Slim weier om mediakommentaar aan Beeld te lewer.

Prof. David McQuoid-Mason, ’n regsmediese kenner van KwaZulu-Natal, het dié week gewaarsku as iemand weet daar is ’n skadelike middel in ’n produk, dit steeds aan die publiek verkoop en iemand skade opdoen, kan die verkoper homself aan aanranding skuldig maak.

Prof. Andy Gray, ’n farmakoloog aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, die Farmaseutiese Vereniging van Suid-Afrika en die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika het die MBR se besluit verwelkom.

Aptekers is gister van die verbod ingelig. Gray het gesê dit is belangrik dat finaliteit oor die status van aanvullende medisyne by die MBR gekry word.

- Beeld
 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

LAND ROVER

Discovery 2.5 TD5 ES 4x4 Dsl AT
2004
R 229,000.00

LEXUS

IS 250
2006
R 280,000.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Comfortline 5-dr
2003
R 95,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.