Skade van ’n slaggat lei tot moord op man

2012-01-12 22:12

Mnr. Danie Niemand: “Hans het hier langs my gesit, toe kom hulle uit die bloute.” Foto: Brendan Croft

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Pretoriase boer is voor sy vrou en kleinkind doodgeskiet terwyl hy en ’n vriend ’n pap band langs die pad omgeruil het.

Tien dae ná mnr. Hans Huyser (50) se moord het die polisie nog nie verklarings geneem van sy vrou, vriende, kleindogter of susterskind wat saam met hom was nie.

Hy, sy vrou, Cindy (48), kleindogter, Jessica (10), en susterskind, Deon Graaff (15), was op 2 Januarie saam met vriende, mnr. Danie (53) en mev. Charmaine Niemand (49) by Sun City.

Hulle het die aand teruggery Pretoria toe.

Die Huysers boer by Onderstepoort en die Niemands woon in Petronella.

Op pad het hulle ’n slaggat getref wat albei bande aan die bestuurderskant van die Niemands se Mercedes-Benz laat pap word het.

Mnre. Niemand en Huyser het besluit om eers net een band met die spaarwiel te vervang, stadig aan te ry totdat die pap band nie meer kon nie, dan die spaarwiel en pap band om te ruil en verder met die ander pap band te ry.

Omstreeks middernag moes hulle ’n tweede keer stilhou, op die N4-hoofweg naby Brits, om die spaarwiel en die een pap band om te ruil.

“Ons het onder ’n groot lig stilgehou. Daar was nie ’n mens of ’n motor nie,” het mev. Huyser gesê.

“Intussen het hulle (Huyser se moordenaars) soos hiënas in die gras gesit en wag. Ons sou nooit uitgeklim het as ek gedink het dit was onveilig nie. Ons het in helder lig stilgehou.”

Mnr. Niemand het die voorste band se boute losgedraai terwyl mnr. Huyser die motor opgehys het.

Hul vroue en Jessica het agter by die kattebak koeldrank ingegooi.

Drie mans het oor die versperring langs die pad gespring.

“Toe die mans by ons is, het Hans opgestaan. Een man het sy hand in sy broek gedruk en ’n vuurwapen uitgehaal,” het mnr. Niemand vertel.

“Hy het die vuurwapen op my gerig en die sneller getrek. Ek het weggehardloop. Hy het nog twee skote geskiet.

“Ek het in die pad geval en was ’n paar sekondes bewusteloos. Toe ek bykom, het ek opgespring en drie motors gestop.”

Intussen het die man wat op mnr. Niemand geskiet het terug na mnr. Huyser gegaan, wat hom met die domkrag geslaan het. Hy het mnr. Huyser drie keer in die bolyf geskiet.

Een man het sy broek losgemaak en aan mev. Huyser gesê om in die bos te gaan lê. Sy het hom gevloek en na haar man gehardloop.

Die mans het mnr. Huyser se selfoon en mev. Niemand se handsak in die motor gegryp en weggestap.

“Hans het my met daardie blou oë van hom aangekyk,” het mev. Huyser gesê.

 “Ek het hom help lê en asem in sy mond ingeblaas. Toe die paramedikus op die toneel kom, het sy sy pols gevoel en gesê hy is dood.”

Kapt. Adéle Myburg, polisiewoordvoerder in Noordwes, het gesê die polisie sal die bewerings ondersoek oor verklarings wat nie geneem is nie.


Niemand het dié slaggat getref.


 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Elantra 1.6 GLS AT MY98
2002
R 72,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2010
R 219,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i D-Cab Raider LWB RB MY02
2007
R 209,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.