Skare slaan twee ‘booswigte’ dood

2012-02-06 22:03

Twee mans is doodgeslaan en nog twee ernstig beseer nadat ’n groep inwoners van Diepsloot, noord van Johannesburg, gister eie reg gebruik het.

Lt.kol. Katlego Mogale, Gautengse polisiewoordvoerder, het gesê ’n groep inwoners van Diepsloot uitbreiding een het kort ná middernag na uitbreiding nege gegaan op soek na ene Blessed, wat hulle beweer ’n verkragter is.

By sy huis het hulle ’n ander man gekry wat hulle as ’n huisrower herken het.

“Die groep het dié man aangerand en het hom beveel om sy makkers uit te wys,” aldus Mogale.

Die man het hulle na uitbreiding 12 geneem waar hy drie mans uitgewys het.

Die groep het al vier mans aangerand.

“Twee mans is in die aanval dood en die ander twee is ernstig beseer.”

Mnr. Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het gesê die nooddienste is gisteroggend na Diepsloot uitgeroep.

“Twee van die mans is dood terwyl ons hulle behandel het. Hulle het erge kop- en nekbeserings gehad.”

Die ander twee mans het volgens hom soortgelyke beserings opgedoen, maar het die aanval oorleef.

Hulle is na die Tembisa-hospitaal geneem waar albei teen gistermiddag in ’n bedenklike, maar bestendige toestand was.

Mulaudzi het gesê al vier mans is tussen 20 en 30 jaar oud.

Volgens Mogale is twee mans reeds weens die aanval in hegtenis geneem.

“Ons het ’n 34-jarige man in Diepsloot gearresteer en ’n 36-jarige man het by die Diepsloot-polisiekantoor opgedaag en homself aan die polisie oorgegee.”

Mogale kon nie sê hoeveel mense by die aanval betrokke was nie.

Die polisie ondersoek aanklagte van moord, poging tot moord en ontvoering.

Die gearresteerdes sal môre in die Randburg-landdroshof verskyn.

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Elantra 1.6 GLS AT MY98
2002
R 72,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2010
R 219,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i D-Cab Raider LWB RB MY02
2007
R 209,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.