Skolier verdrink voor sus en swaer in die Vaaldam

2011-10-04 23:09

Waterpret in die Vaaldam het tragies geëindig toe ’n hoërskoolseun van Johannesburg voor sy suster en swaer verdrink het.

André Joubert (18) en sy suster, me. Nickoll Lourens (23), en haar man, mnr. Theo Lourens, het van Sondag af op ’n plaas naby Villiers langs die Vaaldam gekampeer.

André het gister omstreeks 11:00 op sy Facebook-profiel geskryf: “Sitting next to the vaal catching sum AWSUM sized fish!!!!!!!!!!!!! couldn’t be betta!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!”

Hy het ’n uur later verdrink.

“Ons het visgevang, maar daar was nie ’n byt nie. André het gesê hy gaan swem,” het mnr. Theo Lourens gister gesê.

André se suster het foto’s van hom geneem terwyl hy die water ingestap en begin swem het.

“Dit het in ’n stadium gelyk of hy water trap. Hy het gesê hy gaan terugswem, want die water is baie koud,” het mnr. Lourens gesê.

André was ongeveer 40 m van die oewer af toe Lourens snaakse geluide hoor.

“Ek het vir hom geskree om te swem en het na die dam gehardloop en my klere uitgetrek om in te spring.

Toe ek weer kyk, was hy weg onder die water. Dit het alles so vinnig gebeur.”

André se suster het hom afgeneem oomblikke voordat hy onder die water verdwyn het.

Lourens het dadelik die polisie en nooddienste ontbied.

Lourens se suster en ouers van Johannesburg het oomblikke later op die toneel opgedaag.

Duikers van Badplaas was gister 18:00 nog op pad na die dam.

André was ’n gr. 11-leerling aan die Hoërskool President in Johannesburg.

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Management Accountant

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Management Finance Reporting

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Elantra 1.6 GLS AT MY98
2002
R 72,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2010
R 219,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i D-Cab Raider LWB RB MY02
2007
R 209,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.