Skoppery en houe: Man ná weke vas

2010-08-20 11:14
Mnr. Armand Barnard

Mnr. Armand Barnard

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die man wat sy gewese vriendin se seun glo so hard “geklap en geskop” het dat dié steeds in ’n ernstige toestand in ’n Wes-Randse hospitaal is, is aangekeer.

Die polisie het mnr. Armand Barnard (37) gister in Krugersdorp in hegtenis geneem nadat hy dae lank belowe het om hom oor te gee.

Barnard se broer, Barry, het Beeld die afgelope naweek gebel om te sê Armand gaan homself Maandag oorgee. Toe dit nie gebeur nie, het hy gesê dit sou dan “beslis” eergister gebeur.

Kapt. Lydia Mtila-Dikolomela, polisiewoordvoerder, het gister gesê die polisie het op wenke gereageer en Barnard in Krugersdorp opgespoor en in hegtenis geneem.

Hy sal na verwagting binnekort in die Roodepoortse landdroshof verskyn op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer en diefstal.

Mnr. Christo van Eeden (19), wat aan brosbeensiekte ly en skaars 50?kg weeg, het onder meer skedel- en wangbreuke opgedoen in die aanval twee weke gelede by sy gesin se motor­werkwinkel in Krugersdorp.

Barnard het erken hy het Van Eeden geslaan, maar gesê dit is omdat Van Eeden en dié se broer, Louis (16), “lankal met my skoor soek”.

Volgens me. Tersia van Eeden, ’n weduwee en die seuns se ma, is brosbeensiekte (osteogenesis imperfecta) as babas by hulle gediagnoseer.

Van Eeden en Barnard het ’n jaar lank ’n verhouding gehad.

Volgens haar het hulle die aand voor die aanval stry gekry en sy het gesê hy moet uit haar huis uit.

Barnard het dié aand en die volgende oggend glo aan haar en die twee seuns SMS’e gestuur waarin hy hulle dreig.

Aan Van Eeden het hy onder meer geSMS: “Liefie nou het jy wat jy mos wil hê jou seuntjie vrek vandag.”

Die dag van die aanval was Christo saam met nog twee werkers in die motor­werk­winkel toe Barnard, ook ’n werknemer daar, opgedaag het. Volgens Van Eeden het sy ’n SMS van Christo gekry wat lui: “Armand hier. Bel vir John.”

Sy het mnr. John Pollock, ’n familievriend, dadelik gebel wat hom na die werkwinkel gehaas het. Volgens Pollock het hy Christo in ’n plas bloed aangetref.

“Armand het met die werk se bakkie, ’n wit Nissan, weggejaag.”

Volgens Van Eeden het Christo al sy bewussyn herwin.

“Hy lyk of hy hoor en verstaan wat ons vir hom sê, maar hy kan nog nie praat nie. Dit is steeds nie duidelik of hy ten volle sal kan herstel nie.”

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Management Accountant

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Management Finance Reporting

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Elantra 1.6 GLS AT MY98
2002
R 72,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2010
R 219,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i D-Cab Raider LWB RB MY02
2007
R 209,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.