Skuldig omdat ons dink’ – Juju

2012-02-10 22:24

‘Ons is besig om onsself voor te berei vir ’n lewe buite die ANC en moontlik in die tronk,” het mnr. Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga, gister gesê.

Hoewel hy dit sy “afskeidstoespraak” genoem het, het hy gesê die jeugliga sal bly voortveg.

“Ons het onsself aan die jeugliga toegewy en ons sal alles in ons mag doen om vir die jeug se doelwitte te baklei,” het hy by die liga se lekgotla in Centurion gesê.

“Net die jeug van die ANC kan die mandaat en verantwoordelikheid wat aan ons toevertrou is van ons wegneem.

“As die jeugliga sê ons moet afstand doen van ons posisies en as leiers van die ANC bedank, sal ons bedank.

“Ons sal die leiding en instruksies net van die jeugliga aanvaar.”

Malema het volgehou hy is onskuldig op alle aanklagte teen hom en dat sy tugsaak politiek gemotiveerd was.

“Sommige in die ANC dink deur van my ontslae te raak, sal hulle die kwessie van nasionalisering kan onderdruk en ook verseker hulle word as leiers herkies.

“Die enigste ding waaraan ons skuldig is, is dat ons oor nasionalisering en grondonteiening gepraat het. Ons is skuldig bevind omdat ons gedink het.”

Leiers soos mnr. Oliver Tambo en oudpress. Nelson Mandela en Thabo Mbeki het nie ANC-lede geskors omdat hulle vrae gevra het en debat aangeroer het nie, het Malema gesê.

“As al die leiers lede geskors het, sou die ANC nie gewees het waar ons vandag is nie.”

Al het Malema gesê dissipline in die ANC word nie konsekwent toegepas nie en hy is onregverdig behandel, het hy ontken dat die jeugliga die saak in die hof verder gaan voer.

Teen laatmiddag het adj.pres. Kgalema Motlanthe opgedaag. Malema het hom voorgestel as “die toekoms van Suid-Afrika”.

Motlanthe het gesê daar is geen rede hoekom die jeugliga en die ANC ’n verhouding van verdeeldheid hoef te hê nie.

Hy het gesê die jeugliga is ondergeskik aan die ANC se grondwet en beleidsraamwerk, maar die ANC moet nie “koue water” oor sy eie militansie en radikale kultuur gooi nie.
 

Mnr. Julius Malema het adj.pres. Kgalema Motlanthe gister in Centurion as “die toekoms van Suid-Afrika” voorgestel. Foto: Loanna Hoffmann

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Elantra 1.6 GLS AT MY98
2002
R 72,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2010
R 219,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i D-Cab Raider LWB RB MY02
2007
R 209,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.