Slagoffer van huisrooftog dink man is dood toe hy ophou kla

2010-06-09 23:17

’n Afgetrede kolonel in die weermag se wangbeen is vergruis en sy ribbes gebreek nadat hy en sy vrou in hul huis in Wierdapark, Centurion, deur rowers aangerand, geskop en met messe gesteek is.

Die polisie was Saterdagoggend só vinnig op die toneel dat hulle ’n man op heterdaad in kol. (afg.) Thys Eagar (78) en sy vrou, Barbara (74) se kamer betrap het.

Slegs twee selfone en kol. Eagar se trouring, wat hulle van sy vinger afgehaal het, is geroof.

Eagar, ’n voormalige senior offisier in die pantserkorps, en sy vrou sal na verwagting vandag uit die Unitas-hospitaal in Centurion ontslaan word.

Twee rowers het omstreeks 03:00 deur die dak van Eagars se huis in ’n veiligheidskompleks geklim en deur die plafon bo die sitkamer gebreek.

Die Eagars het nie die lawaai gehoor nie omdat hulle hardhorend is.

“Ek het wakker geword toe twee figure bo-op ons op ons bed val,” het mev. Eagar gister, ’n dag ná haar 74ste verjaardag, vertel. “Een het my dadelik getakel, terwyl die ander een hom (kol. Eagar) getakel het.

“Ek het gegil... so hard gegil dat my buurvrou my blykbaar gehoor het.

“Die worsteling en marteling het toe begin.”

Volgens mev. Eagar het een van die rowers ’n mes teen haar keel gedruk waarna hulle haar van die bed afgegooi en haar hande en voete vasgebind het.

Sy is ook verskeie kere met die mes gesteek en aangerand.

Kol. Eagar is ook van die bed af gegooi, geskop en geslaan.

“Ek het hulle in hul eie taal (Zoeloe) gevra of hulle kos of geld of wat hulle wil hê,” het hy gesê.

“Al reaksie wat ek gekry het, was ’n hou teen die wangbeen met iets blerrie hard.”

In die tussentyd het een van die rowers mev. Eagar aan die keel gegryp en ook ’n kombers oor haar kop gegooi om haar verder te smoor. Kol. Eagar is ook gewurg.

Hy het twee keer sy bewussyn verloor.

“Ek het begin roggel en net geweet nou gaan ek sterf,” het sy gesê.

“My man het opgehou kla. Ek het gedog hy is klaar dood.”

Ná ’n rukkie het mev. Eagar gehoor dit raak stil.

Die volgende oomblik het iemand haar begin losmaak. Toe sy haar oë oopmaak, het sy in ’n polisieman se gesig vasgekyk.

Volgens mnr. André Eagar (50) het sy ouers se buurvrou wakker geword van ’n geskree en gesien die ligte in sy ouers se huis is aan. Sy het die polisie en ander bure in die kompleks gebel.

“Ek is net baie dankbaar ons leef,” het kol. Eagar gesê.

Kapt. Agnes Huma, polisiewoordvoerder, het gister gesê mnr. Siphiwe Phakathi (21), wat in die Eagars se kamer gearresteer is, het Maandag in die Pretoriase landdroshof op ’n aanklag van huisroof verskyn.

Hy sal in hegtenis bly tot en met sy volgende verskyning aanstaande week.

Die polisie is nog op soek na ’n tweede verdagte.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bfn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.