'Sluit net jul deure vir 'n paar maande'

2012-02-03 21:44

“Sluit jul deure vir ’n paar maande, dan kan julle weer in April oopmaak wanneer ons geld het om vir julle te gee.”

Dít is die voorstel van die departement van maatskaplike ontwikkeling in Noordwes aan ’n nie-regeringsorganisasie (NRO) in Hartbeespoort omdat hulle nie ’n beloofde bedrag van R450?000 kan uitbetaal nie.

Die Johannesburg Parent and Child Counselling Centre se Hartbeespoort-tak is langs ’n informele nedersetting met 8?000 inwoners geleë, sê me. Jacqui Michael, die sentrum se direkteur.

“Die naaste ander maatskap­like diens is 50?km weg in Brits. Ons doen die departement se werk. Ons hanteer die kindermishandelingsake. Ons het maatskaplike werkers in vyf of ses skole. Ons bedryf ’n kleuterskool met 102 kinders en verskaf maatskaplike dienste aan hul gesinne. Dis almal kwesbare gesinne waar daar ernstige probleme soos alkoholmisbruik is.”

Die Hartbeespoort-tak is in 1998 gestig en het homself tot 2002 gefinansier. Die tak het toe aansoek gedoen om ’n toelae van die departement. Hy het sporadiese betalings van R6?000 per maand ontvang, totdat Carte Blanche oor die situasie berig het. Kort daarna, in Oktober 2008, het die departement R450?000 aan die tak betaal.

“Toe hulle daardie bedrag betaal het, wou hulle hê ons moes ’n aparte bankrekening (vir die Hartbeespoort-tak) oopmaak,” sê mnr. Luke Lamprecht van die sentrum.

Dié bedrag het teen einde 2010 opgeraak en die Johannesburg-kantoor het ’n paar maande lank uitgawes help dek, met die verstandhouding dat die Noordwes-regering weer in April verlede jaar R450?000 sou bydra.

Die Hartbeespoort-tak is toe egter gevra om as ’n aparte NRO te registreer. Dié proses het maande lank gesloer. Die departement het die sentrum gister ingelig hy het nie meer geld om te gee nie.

Om vir die volgende jaar oop te bly het die tak sowat R600?000 nodig, sê Michael.

“Dit maak nie voorsiening vir uitbreiding van dienste, verhogings vir ons personeel of ’n voertuig nie.

“?’n Voertuig is aan ons geskenk, maar dit staan by my huis omdat ons nie die versekering, instandhouding of petrol daarvoor kan bekostig nie.
“R750?000 sal ideaal wees.”

Michael sê van hul ander weldoeners kan dalk help om die sentrum tot April aan die gang hou, maar sy is nie seker of die departement dan sal betaal nie.

Die Noordwes-regering kon nie gister vir kommentaar bereik word nie.

 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Apple Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Android developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Senior Analyst Programmer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Elantra 1.6 GLS AT MY98
2002
R 72,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2010
R 219,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i D-Cab Raider LWB RB MY02
2007
R 209,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.