Snik as jy drink, rook

2012-02-21 22:47

Kaapstad. – Rokers en drinkers gaan vanaand die meeste huil.

Dis nou ná afloop van mnr. Pravin Gordhan, minister van finansies, se begrotingsrede waartydens sondebelasting ongetwyfeld weer verhoog sal word.

Dit is egter die maklikste deel van vanjaar se begroting.

Die veel moeiliker deel is waar Gordhan moet sê waar hy geld gaan kry om die regering se ideologiese planne, veral die nasionale gesondheidsplan en ’n beplande kapitale uitbreidingsprogram, te finansier.

Gordhan lewer van 14:00 sy begrotingsrede vir die tydperk tussen 1 April 2012 en 31 Maart 2013.

In wese moet hy met dié begroting sê hoe die regering pres. Jacob Zuma se staatsrede-planne gaan finansier.

Die minister moet ’n middeweg vind tussen die regering se ideologiese ideale en die heersende ekonomiese omstandighede se werklikheid waar ekonomiese groei onder hewige druk is.

Ekonome reken die regering se verwagtings van ekonomiese groei sal ook vandag afwaarts aangepas word. Dit is tans sowat 3,4% vir 2012.

Werkskepping, asook uitvoere en veredeling op plaaslike bodem, is prioriteite. Dit mag dalk effense verligting vir plaaslike vervaardigers bring. Daar kan ook verligting vir klein ondernemings wees, wat entrepreneurs kan aanmoedig om werk te skep.

Meer geld sal gewis vir opvoeding en gesondheid geoormerk word.

Gordhan sal vanjaar aandui hoeveel geld vir die omstrede nasionale gesondheidsplan opsygesit sal word.

Dié skema, wat oor die volgende 14 jaar ingefaseer sal word, sal na verwagting tot R250 miljard oor dié tydperk kos.

’n Verhoging in maatskaplike toelaes kan ook verwag word.

Die groot uitdagings waarmee Gordhan te kampe het, is werkloosheid, gedempte ekonomiese toestande en inflasie.

Nog ’n probleem is die fiskale tekort wat na verwagting oor die volgende paar jaar tot 4% kan beloop.

Dit beteken Gordhan het 4% te min inkomste om vir al die uitgawes te betaal. Dié jaarlikse tekort maak die staat se skuld al hoe groter. Tans is staatskuld sowat 45% van bruto binnelandse produk.

In gedempte ekonomiese omstandighede word dit al moeiliker om die staatskuld af te betaal.

Dit gaan ook interessant wees om te hoor hoe Gordhan die kwessie van die tolpaaie in Gauteng gaan hanteer.

Sal hy sê die tolstelsel moet geskrap word of sal hy sê die fiskus kan dit nie bekostig nie en tolpaaie is hier om te bly?

- Lees ook die begrotingsvoorskou vandag op bl. 2 van Sake24.

- Beeld en Sake24 sal weer môre al die begrotingsnuus, asook ontledings en agtergrondartikels publiseer.
 

Mnr. Pravin Gordhan, minister van finansies, mnr. Nhlanhla Nene, adjunk-minister van finansies (agter hom), bespreek syfers met mnr. David Faulkner, hoofdirekteur van makrot ekonomiese ontleding (links), en me. Priscilla Adipa, ekonoom in die beleidsafdeling, ter voorbereiding vir Gordhan se toespraak. Foto: Michael Hammond

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Senior C# MVC Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

BI SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Elantra 1.6 GLS AT MY98
2002
R 72,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2010
R 219,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i D-Cab Raider LWB RB MY02
2007
R 209,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.