‘So hartseer’

2012-02-10 22:20

Die dragtige renosterkoei wat eergister in Limpopo doodgeskiet is en waaroor Beeld gister berig het, het ’n bykans volgroeide kalf in haar gedra.

Mnr. Eddie Vorster, eienaar van die Thiergarten-plaas in die Letsitele-gebied, het gesê die koei sou oor sowat drie weke kalf.

“Dit is verskriklik hartseer om die klein kalf so te sien.”

Hy het gesê die ander koei wat eergister op dieselfde plaas doodgeskiet is, was in 2010 ook ’n slagoffer van stropery.

Sy is destyds gekwes. Die twee koeie is eergister ’n paar meter van mekaar doodgeskiet. Veldwagters het op hulle afgekom. Vorster het gesê hulle het vergeefs op die grond en met helikopters na die stropers gesoek.

Lt.kol. Ronél Otto, polisiewoordvoerder, het gesê die stropers se spore het teenaan die grensdraad by ’n teerpad doodgeloop.

Vier renosters is vandeesweek in Limpopo vir hul horings doodgemaak.

Volgens Vorster is twee renosters ook verlede maand op dieselfde plaas doodgemaak.

Hul horings is ook afgekap.

Landwyd is reeds meer as 30 renosters vanjaar vir hul horings doodgemaak.

Eienaars van private wild­reservate in Limpopo het onlangs vergader om planne te bespreek oor hoe om hul renosters te beskerm.

Me. Selomie Maritz van die Palala Rhino Sanctuary buite Mookgophong (Naboomspruit) het gesê daar is vrywilligers wat op die plaas in tente woon en renosters “oppas”. Hulle patrolleer die grond om te alle tye te weet waar die diere is.


Dié bykans volgroeide renosterkalf is ook dood toe sy ma op ’n plaas in Limpopo vir haar horings doodgemaak is. Foto: Eddie Vorster

 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Elantra 1.6 GLS AT MY98
2002
R 72,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2010
R 219,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i D-Cab Raider LWB RB MY02
2007
R 209,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.