Sokker-soustrein loop

2010-06-14 22:14

Kaapstad. – Die sokker-soustrein loop lekker en op volspoed.

Dit het gister aan die lig gekom beleggers, hooggeplaastes en staatsamptenare word op WB 2010-kaartjies getrakteer waarvoor belastingbetalers al R10,9 miljoen opgedok het.

Vyf staatsdepartemente het in antwoord op geskrewe parlementêre vrae van die DA onthul hulle het 3 321 kaartjies vir verskeie wedstryde bekom, meestal om belangrike besoekers te bederf en as ’n blyk van waardering aan hardwerkende amptenare.

Volgens mnr. Tim Harris, DA-LP, is dit onaanvaarbaar – “veral as ’n mens in ag neem dat duisende Suid-Afrikaners die kaartjies nie kan bekostig nie of dit nie in die hande kon kry nie”.

Dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het gister bevestig sy departement het meer as 320 kaartjies ter waarde van R4,7 miljoen gekoop om belangrike buitelandse en plaaslike sakelui te trakteer.

“Die toernooi bied die ideale geleentheid om met beleggers te skakel en beleggingsmoontlikhede te bemark.”

Boonop het Davies, sy adjunk en senior amptenare ook ’n “paar kaartjies” gekry om die “baie belangrike persone” na wedstryde te vergesel.

Mnr. Marthinus van Schalkwyk, minister van toerisme, het ook gister bevestig SA Toerisme het 180 kaartjies teen R919 000 gekoop.

Tot 80 kaartjies is vir “internasionale media, rolspelers en strategiese vennote” en die res is vir amptenare van SA Toerisme “wat drie jaar lank aan dié projek gewerk het”.

Me. Naledi Pandor, minister van wetenskap en tegnologie, het gister gesê haar departement het tien kaartjies teen R25 200 gekoop om uitmuntende werknemers te beloon.

Voorts het die departement van kommunikasie en van staatsdiens en administrasie verlede week in antwoord op parlementêre vrae van die DA gesê ook hulle het onderskeidelik R5,2 miljoen (2 800 kaartjies) en R65 400 (25 kaartjies) bestee.

Die volle omvang van die groot bederf sal waarskynlik eers bekend wees wanneer die ouditeur-generaal sy ouditverslae vir die 2009-’10-boekjaar afgehandel het.

Dit kan nare nagevolge inhou vir die rekenpligtige beamptes wat dit goedgekeur het.

Mnr. Pravin Gordhan, minister van finansies, het munisipaliteite onlangs in ’n omsendbrief gewaarsku die aankoop van sokkerkaartjies met belastingbetalers se geld kan ingevolge die Wet op Openbare Finansiële Bestuur neerkom op finansiële wanbestuur en onregmatige en nuttelose besteding.

Dit is ook strydig met die gedrags­kode vir staatsamptenare.

Gordhan het Harris verlede week in ’n brief verseker hoewel die omsendbrief nie ook aan nasionale en provinsiale departemente en staatsondernemings gestuur is nie, dieselfde reëls vir hulle geld.



Kommentaar is gesluit vir hierdie storie.

Staatsamptenaar 6/15/2010 7:05:45 AM
Dis dan snaaks? Kom aan mense - as julle nie sien hoe UITERS korup die huidige regering is, en besig om net erger te word nie, dan weet ek nie in watse land julle die afgelope 16 jaar woon nie. . .
aandiekeiserwathomtoekom 6/15/2010 7:11:37 AM
Die staatskas se slot en grendel is lankal afgekap - waarom nou kla oor nog 'n paar rand wat wegraak? Ek betaal amper R10 000 belasting elke maand - die geldtjies sal vinnig weer terug wees!
Baas'Boerseun 6/15/2010 7:14:46 AM
Gordham is a tannelose hond wat maar net blaf. Daar's geen manier wat die ANC leierskap iets aan die saak gaan doen nie. Dis presies die land se probleem: Swak leierskap en korrupte regering.
broos 6/15/2010 7:15:26 AM
en weereens moet ons vir die gelag betaal....wanneer gaan dit eendag ophou???
sanna 6/15/2010 7:15:44 AM
Hoe werk die somme uit? Die departement van kommunikasie, en van staatsdiens en administrasie se kaartjies kos gemiddeld R1,857 en R2,616 onderskeidelik, Naledi Pandor het gemiddeld R2,520 per kaartjie betaal en Marthinus van Schalkwyk R5,105.56. Die geld wat aan kaartjies bestee is kon aangewend gewees het waar dit eintlik benodig was, nl. aan ons infrastruktuur, onderwys, misdaadbestryding ens.
Riem 6/15/2010 7:19:42 AM
Ek sê jou wat gaan gebeeur:
1. Die misdaad kom aan die lig
2. 'n Kommisie van ondersoek word aangestel
3. Die lêers verdwyn

Ons k#$@k en betaal maar voort.
werker 6/15/2010 7:19:45 AM
Ek sal graag wil weet hoeveel van hierdie hardwerkende werkers wat beloon word is nie deel van die bestuur nie. 'n Bestuurder is slegs uitmuntend indien sy werkers ook uitmuntend is, maar in die Staatsdiens word werkers afgemaak as niks en die bestuurders kry bonusse.
Jakes 6/15/2010 7:44:41 AM
Feel it, it is here! Wat 'n bol snert. Enige iemand wat se dis nou nasiebou, moet hul verstand laat lees. Dinge sal NOOIT verander nie!!! Aanvaar dit of "pack for Perth"!
susan 6/15/2010 7:46:30 AM
Die trein moet maar lekker loop terwyl hy nog kan.
Leo 6/15/2010 7:47:37 AM
Ag dit is mos nou nie meer nuus nie. Ons weet mos lankal die WB2010 gaan ons land totaal bankrot agterlaat en Fifa gaan aan die einde van die toernooi doodeenvoudig in sy private straler klim en terugvlieg huistoe met nog meer miljarde rande in sy bankrekening en 'n bankrot Suid-Afrika agterlaat. Nou is dit ook nog die regering en die SAUK wat belastinggeld gebruik vir die sokker. Een yslike groot sirkus, chaos en die grootste bedrogspul wat hierdie land nog ooit getref het.
Verbaas 6/15/2010 7:54:12 AM
Kan iemand vir my sê, miskien die Minister van Handel en Nywerheid, hoeveel meer as 320 kaartjies is gekoop? R4,7000,000 ÷ 320 = R14,687.50 per kaartjie!!!! Kortbroek se kaartjies kos R919,000 ÷ 180 = R5105.00 per kaartjie en die Minister van Kommunikasie se total van R 5,265,400 ÷ 2825 = R1,863.00 gemiddeld per kaarjie. Mooi so onbevoegde manne en vroue van ons Parlementêre soustrein!! Wie het nou anders verwag. Ek is verbaas julle het nie baie meer spandeer of sal - ek eerder sê vermors - nie!!
EvZ 6/15/2010 8:01:13 AM
Dis reg as buitelandse eregaste getrakteer word MITS dit mense is wat al iets vir die land se ekonomie ens beteken het. Hardwerkende amptenare...die bestaan nie in ONS land nie. EK het nou sommer 'n vrot smaak in my mond nadat almal SO uitgesien het na die WB!
Karools 6/15/2010 8:04:43 AM
Gaan sokker toe,gaan reguit sokker toe. As jy by die begin verby skuif vorder R200.00 in.Hoekom klink sokker vir my amper soos Minopolie.

Tweedens daar is ander maniere om amptenare wat hard werk te vergoed met meriete toekennings wat van hulle nooit kry nie.Want daar is nie geld nie.
Elsjek 6/15/2010 8:07:39 AM
G'n wonder die wereldbeker kos R37miljard meer - hierdie is natuurlik deel van dit!
Frik 6/15/2010 8:10:44 AM
Hierdie is 'n geleentheid om te spog en te brag. Ons behoor te onthaal en hardwerkende amptenare te vergoed. Daar moes dalk "caps" gewees het, maar die beginsel is goed? Ek verstaan glad nie al die negatiewe kommentaar nie?
Jakes: Feel it! Ons woon & lewe in 'n fantastiese land met 'n great regering. Ons het so baie om voor dankbaar te wees.
Swaksinnige negatiwiteit het geen plak nie - kruip liewer terug in jou gat as jy nie 'n positiewe bydrae het om te lewer nie.
Kaartjie loos 6/15/2010 8:11:34 AM
Nou verstaan ek hoekom ek nie kaartjies kon kry ten spyte van lee sitplekke wat mens op TV sien. Dis al daai staatsdiens mense wat kaartjies het en dan nie opdaag nie, hoekom sal hulle omgee hulle het mos nie betaal nie!
franna 6/15/2010 8:19:12 AM
met die huidige tendense en wanbestuur in alle departemente - kon ons iets anders verwag? en ja da gaan niks van kom nie
Roni 6/15/2010 8:19:57 AM
Moet ons nou regtig verbaas wees!? Dinge sal nooit verander nie....dis 'n korrupte regering en BASTA! Maak nie saak hoeveel ondersoeke en verslae geskryf gaan word nie...al hierdie geld gaan soos "mis" voor die son verdwyn. Ons sal nie weer hiervan hoor nie. Ek stem heeltemal saam met Aandiekeiserwathomtoekom - ons betaal genoeg belasting elke maand...daardie ou gaaitjies gaan een van die dae weer vol wees
valentino 6/15/2010 8:21:55 AM
"as ’n blyk van waardering aan hardwerkende amptenare" - bwaa hhhaaa ha, wat n' grap! Nou hoekon is daar betogings LANDWYD vir swak dienslewering? Hiedie lot probeer net belangrik lyk by die wedstryde, maar almal weet hulle is n' klomp useless etters.
Willem 6/15/2010 8:21:56 AM
Dis Afrika tradisie en sal nooit verander nie. Die Fat Cats word net vetter en die res moet betaal en krippeer. Die probleem bly net dat hierdie sogenaamde Bestuurders en Direkteure meestal n klomp nikswerd,slinkse skelms is
Xram62 6/15/2010 8:28:23 AM
@ Broos: Goeie vraag...Dit gaan ophou die dag as regdenkende Suid Afrikaners ophou om op hierdie tipe kommentaar-vensters te skryf "Ons het julle mos gesê" of "Dis hoe dit lyk, my ou" of "Julle wou mos JA stem"...en begin om dit wat ons tussen ons ore het en in ons bankrekeninge om hierdie korrupsie stop te sit. Kan gedoen word....as 'n mens net WIL!!! Maar WIL ons? Nee, nog nie. Ons leef nog te lekker en dis eenvoudig makliker om te klae as om weerstand te bied.
Johnny 6/15/2010 8:30:09 AM
@Jakes. Ek stem 100% saam met jou, dinge sal nooit verander nie, SA is 'n stukkende brug. Ek is al so siek en sat vir die ANZ regering en ons mede Afrikaners wat so positief is oor die toekoms.
Lizette 6/15/2010 8:33:25 AM
Sokker be..., hoekom het julle nie liewer al die geld gevat om SUID-AFRIKA n beter plek te maak nie, bietjie die helse slag gate reggemaak nie. Maar nee dis mos net sokker voor en agter. Sokker word aanbid en kyk nou. Ons mans werk hul gatte suur en waarvoor word die belasting geld gebruik?????Julle maak my siek!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Annemarie 6/15/2010 8:44:42 AM
Dis om van te kots!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
LOL 6/15/2010 8:44:58 AM
Steal it, it is here!!!!!!!!
IT IS HERE! 6/15/2010 8:46:52 AM
Ai tog, as negatiwiteit darem maar 'n siekte was........
Realis 6/15/2010 8:49:36 AM
Die hele WB is 'n fiasko! Dis duur, ons betaal en dit lei ons almal se aandag af van die werklike probleme van die land. Die ontstellendste is dat selfs Afrikaners aan hulle neus gelei word deur die massapropaganda en dink die WB is 'n wonderlike geleentheid! Nee, dis 'n RAMP!!
Jane 6/15/2010 8:53:11 AM
JA en wat word daaraan gedoen? Ons het geen se meer nie, ons moet net BETAAL en hulle mors die geld uit op sokkerkaartjies en bonusse. WAt ek NIE kan verstaan nie is dat die POOREST OF THE POOR wat vir die ANC stem nie die som kan maak hoeveel huise vir R10 miljoen gebou kan word nie. MAAR NEE volgende keer stem hulle weer ANC. TERWYL die ANC officials in weelde leef en rol in die geld, leef die wat vir hulle stem STEEDS in armoede en geweld!
tana 6/15/2010 9:08:38 AM
Ek het lankal gesê dat die wb sokker vir my niks doen nie. Dit beteken vir my niks en daar is die bewyse. Saam met die wb het net nog meer korrupsie en misdaad gekom, hoeveel meisies is in 'n huis in spring gekry van alle rasse groepe net vir prostutisie. Ek hou my kinders se hande so styf vas en waarsku elke dag my familie wat op die rand bly om ook versugtig te wees. Kinders wat uit die motor se venster gesteel word en reg voor die kleuterskool. Soos sê vir my waarom moet ek die wb ondersteun.
Pieter 6/15/2010 9:13:16 AM
Each Minister has a performance agreement... hold the Minister personally responsible... If he was ill-advised from his "specialist advisors" - a group of people/individualt specifically appointed in most government departments to provide . .more the Minister with unique and implications-specific advise - then they must also stand to provide answers... the problem is that most of these specialist advisors' appointments are forced through the HR channels... appointing buddies and former struggle partners on the only basis of what looks good on their CVs... also, keep in mind that government salary negotiations are on the back burner and in some cases some tickets have already been handed over to Union stakeholders that might change their position in favour of government's offer... .
ron 6/15/2010 9:27:17 AM
het nie meer lus vir hierdie sirkus nie. daar is nog steeds honger, ongeskoolde, arm mense in die land terwyl die ander bliksems al die room en die kaas kry. wonder of hulle enige gewetes het as hulle hul lang champagnes afsluk en smul aan die lekker kos terwyl ander met honger oë die sokker ondersteun. sies vir julle.
ron 6/15/2010 9:32:19 AM
dink net hoeveel huisies kon daar met 10.9 miljoen rand gebou word of hoeveel skoolboeke of skoolgeld daar vir die wat dit nie kan bekostig nie betaal word of hoeveel mense is daar wat deesdae in karre slaap of wat hul werk verloor en wat moet bedel of wat nie geld het vir mediese fondse of pille nie. wanneer gaan dit insink. nog 'n bedrogspul. kry hulle nie skaam nie. omgee???? nee, beslis nie, dis net selfsug, "me, myself and I". lekker ja, fat cats. los maar die krummels vir ons sukkelende Suid-Afrikaners. niks gaan oorbly nie. dit ontstel so baie.
Johan 6/15/2010 9:37:10 AM
Tot 'n mate stem ek saam Frik (die 'great' regering weet ek nie lekker nie). Ek werk nou die laaste 18 maande in London en die regering hier is net so korrup en skelm. Die een minister het amper R60 000 vir 'n eendhuisie geëis van die belastingbetalers.
Dis nou mar net so, mense in hoë posisies vind dit baie moeilik om die lustigheid en geldgierigheid te onderdruk.
Rosa 6/15/2010 9:38:29 AM
As die WB verby is en die sommetjies word gemaak, gaan ek en jy vir die gelag betaal. Kyk hoe gaan persoonlike belasting verhoog word. Ons sal maar weer moet uithaal en wys want ons het mos lekker sokker gekyk.
Franna 6/15/2010 9:39:46 AM
Al waarin hulle (ANC) belangstel is kos met al die 'meetings', meer geld, hope 'perks' en NIKS doen!!!! In net 16 jaar het hulle só korrup geraak ek kan dit nie glo nie!!!!
Verstaan nie 6/15/2010 9:39:57 AM
Ek verstaan nie werklik die bestuur van n land en sy finansies en dis ook nie my werk om dit te hoef verstaan. Al wat my pla is dat die derduisende "plakkers" wat vanoggend sit en bibber van die koue in hulle sink en hout "shacks", wat se hulle van die feit dat R10.9 miljoen aan kaartjies bestee word, die polisie nie weet waar 3.5 miljard rand van hulle begroting is, maar hulle moet nog steeds in hulle sink huisies bly. Ek glo dit is seker nodig vir die land sodat die buiteland en welsyns orginisasies seker maar moet aanhou skenk aan die armes want die regering het my belasting geld nodig on die sous trein te ry. Maar aan die ander kant sal hulle ook weer ANC stem want soos met Bob sal dit vir 60 jaar mos die vorige "regime" se skuld wees en nie die vet uitgevrete staats amptenare wat nou lekker warm en vol "Johny Walker" na die sokker sit en kyk.
@ Frik 6/15/2010 9:42:22 AM
Yes Frik, ek stem! Laat ons spog en brag! Who cares as ons na die tyd duisende meer hongerige kinders in die oë moet kyk omdat die pa met die geld 'n sokkerkaartjie gekoop het omdat hy nie 'n "belangrike buitelander" was wat deur die great regering "gesponsor" was nie. Jawat, ek se ook, laat ons die buiteland die mooi bo-blink wys, al neem dit ons die volgende 10 jaar om die skuld af te betaal. Yes, ons woon en "lewe" (wie gee nou om vir die vermoorde omdat daar nie geld was vir nog 'n polisievoertuig om betyds by die noodoproep uit te kom nie), in 'n fantastiese land met 'n great regering wat miljoene het om op die buiteland te spandeer. Ai die ou negatiewe spul!
Teleurgesteld 6/15/2010 9:43:42 AM
Ek hou net aan om teleurgestel te word deur die korrupte, lui, wettelose persone wat hierdie land "regeer". Wat die frustrasie vir ons gewone, getroue belastingbetalings net soveel groter maak, is dat ons hande totaal afgekap is. Om te sê dit laat mens se bloed kook, is nie eers die helfte van wat mens regtig voel nie. Wanneer gaan dit regkom? Ek het nie baie moed nie.
Frikkie 6/15/2010 9:53:01 AM
Onthou net dat kortbroek net die belangrike wedstryde gaan bywoon (semi's en finaal) en dat daar seker n paar renosters in die week gaan sneuwel want die hele bewarings manne sit en kyk sokker !!! So die manne wat nog wil onderhandel vir hoer salarisse moet opskud want die sokker tyd raak al minder !!! Na die Finaal sal die regering oor niks worry nie !!! Ke nako, feel it it is COLD and HUNGRY and DORS and HOMELESS !!! Go Bafana !!!
Martin 6/15/2010 9:53:19 AM
In SA waar daar sous is, sal daar 'n trein wees. Skryf hierdie sinnetjie maar net elke dag in elke koerant, dan sal Naspers baie papier & ink kan spaar.
R10,9 miljoen belastingbetalergeld teen R190/dag vir sekuriteit 6/15/2010 10:16:39 AM
Hoekom is ek nie verbaas nie?Daar is nie genoeg geld om die na die mense wat werklik 'n verskil kan maak vir die 2010 WB om te sien nie.Daar word om elke hoek en draai gesny aan mense se besoldiging wat belangrike dienste lewer.Maar as jy nie self 'n binne-kontak met die binne-sirkel van FIFA het nie beteken die 2010 WB niks nie.FIFA het klaar die besluit geneem om bonusse uit te betaal,baie, omdat Sepp & kie so gelukkig is oor hulle sirkus so 'n groot oorverdowende sukses is.Maar vra nou net dat sekere sleutel-mense ordentlik betaal word gedurende die wedstryde en skielik in daar nie 'n spaar 5c te vind nie.Ek het van die begin af geweet net 'n klein groepie mense gaan baat vind by hierdie korrupte sirkus en dat die belastingbetaler nou maar sal moet opdok vir die verliese wat Suid-Afrika gaan ly: lees mooi : verlies vs.FIFA bonusse. Danny Jordaan moet sy brein laat lees,want daar is 'n groot skroef los.Vir 'n "event organizer" stink sy vaardigheid uiters erg. Ek sal bv. vir so 'n geleentheid goed kyk na al die kritieke sleuels in die ketting wat dalk kan breek.Ek sou darem verseker het dat (1) Almal gewaarborgde vervoer het van en na die wedsstryde.Nou verdwyn die Rea Vaya busse NA die wedstryd.Ag nee,hulle het BAIE tyd gehad om seker te maak so iets gebeur net nie gedurende die 2010 WB nie.Al moet hulle almal oortyd betaal.Maar die geld gaan alles na korrupte staats-amptenare.Ek sou hulle 1/3 meer betaal,vooraf gestipuleer,is dit nou so erg?(Daar is dan geld of hoe nou?)(2)Ek sou ook seker gemaak het mense wat die stadia oppas kry darem R450/dag.Daar is dan geld vir R10,9 miljoen se "gratis kaartjies".Dit is wel nie die minimum-loon nie,maar dit stop die risiko's. Ek nee ek het self niks met sekuriteit te doen nie,ek is in IT, en vir my STINK die beplanning en STINK die koorupsie iets verskriklik.En wanneer skeer Danny met sy stoppelbaard eendag?Dit is 'n PR nagmerrie.(3)Dat die vuvuzela's net vir ons span, Bafana Bafana gebruik mag word.Miskien moet 'n mens 'n IK oor 180 hê of dalk moet 'n mens net "common sense" gebruik of hoe nou?Onthou, $$$$ is dan nie 'n probleem nie, of is dit?
Mike 6/15/2010 10:17:33 AM
Welkom in Azania, Suid-Afrika se variasie van Zimbabwe. Dis nie moontlik om jouself te verskans teen hierdie misgrype nie en armoede is jou voorland. Raak daaraan gewoond. Terwyl jy dit doen, wonder bietjie hoekom Hy gesê het jy moet 'n heilige volk wees. Vra tog vir jou Dominee wat die woord "heilig" beteken.
Talitha 6/15/2010 10:20:51 AM
Nou is ek darem baie kwaad. Waar is MY kaartjie?
Buffel 6/15/2010 10:31:08 AM
Dan wonder die regering hoe durf mense, wat hard daarvoor werk, hul bedonner met belasting betaal...
Moenie "stupid" wees nie...want mense is nie so "stupid" soos julle dink nie!
Lekker sokker kyk Groot Honne...hoop my bier en pap wat ek vir jou gekoop het is lekker...
CCC 6/15/2010 10:40:53 AM
Ja nee wat 'n korrupte spul ons het 'n absolute patetiese nikswerd regering! Maar die massas sal weer vir hulle stem en dan weer doodgaan van die honger, in sinkhuisies sit en doodgaan van die koue! Dit terwyl die regering hulleself dik vreet, duur karre koop en self verryking doen met die staat se geld. Ag ekskuus tog mense ons moet onthou hulle werk baie hard daarvoor en verdien dit. Die massas sal weer die leë beloftes glo wanneer Zuma en sy trawante mieliemeel en 'n paar hoenders uitdeel 'n week voor die verkiessing. Wat 'n siek spul!
Ina 6/15/2010 10:42:19 AM
Ek stem saam dat Suid-Afrika na afloop van die sokker heelwat armer gaan wees as gevolg van twee redes: korrupsies onder ons "hooggeplaastes" en FIFA. Dis laasgenoemde wat al die pad bank toe gaan lag, want hulle het gesorg dat alle geld wat uit die sokker te make is na hulle sakke toe gegenereer gaan word. Wat 'n klugspul!
Nick 6/15/2010 10:44:03 AM
Kyk nou mooi na hierdie wonderlike WB gaan al die mooi sokker prentjies verdwyn geen mooi treine geen nuwe sokker velde alles gaan staan soos wit olifante, want daar sal nie geld wees om dit in stand te hou nie
Louisa @ Gatvol! 6/15/2010 11:03:19 AM
Dit is nou absoluut die laaste strooi!!!! Kom julle, dat ons saam staan en toy toy terwyl die WB hier is, sodat die hele wêreld kan sien hoe korrup hierdie land se regering is en hoe min respek ons almal het vir ons zuma en die hele flippen ANC!
ALg 6/15/2010 11:08:27 AM
Die probleem met hierdie land is nie sy mense nie, dis die regering. Die regering neuk als op, al die goodwill tussen mense, alles wat positief is. Die regering vergeet hulle is hier om te dien, om ons te dien, nie hulle-self nie.
Callie 6/15/2010 11:25:01 AM
Yippee. Frikkie het 'n kaartjie gekry!
ockert 6/15/2010 12:14:56 PM
Ek maak al hierdie berigte van geldvermosing bymekaar.
Van Zuma en trawante se duur regskostes tot die verniet kaartjies (wat deur die minister van finasies erken is as wanbestuur).
Met my belastinginhandiging gaan hul my weer inlig dat ek nog n paar duisend ekstra moet inbetaal waar ek al die tientalle bladsye van vermorsing van ons reedsbetaalde belasting gaan voorlê en aan die minister gaan sê hy moet in sy m@#$r vlieg en die ekstra van die "reeds spandeer" aftrek.
Sal maar sien wat sy beloonde amptenare daarop gaan antwoord. EK STEL VOOR ONS ALMAL HEG DUISENDE SULKE "OPGAWES" AAN ONS BELASTING OPGAWE--EK GAAN DIT DOEN GLO MY--KOM DEEL ASB OOK IN DIE AKSIE
Tipies 6/15/2010 12:20:42 PM
Ek kan maar net lag! Dis tipies. Geweet dit sal so gebeur.
Verbruiker 6/15/2010 12:20:52 PM
Hierdie is die pippie van die ysberg. Rand Water met R13 miljoen begroot om sy klient - lees munisipale amptenare en raadslede op sokker te trakteer. Sommiges word na van Gauteng na Kaapsted gevlieg vir wedstryde, met ons verbruikers se geld....
DW 6/15/2010 12:29:41 PM
Ek wens "corruption" was n "terminal Illness" en dat al die skelm bliksems net van self sal begin sterf. Dit sal awesome wees
ron 6/15/2010 2:26:36 PM
mense julle het wonderlike humor! ek moes nou lag vir al die sêgoed. maar back at the ranch .... ons belastingbetalers sal alweer moet opdok vir die parties. jammer ek was nie genooi nie. het nie eers 'n bietjie pap of bier gekry nie. en met die lawaai van die vuvuzela's sal die gov hospitaal seker ook nie my gehoor toets nie, doof op remote control distance! ons sal maar net moet hoes ... en die fat cats sal op 'n dieet moet gaan! afrika was nog altyd bekend vir sy korrupsie.
JC 6/15/2010 2:56:55 PM
So hoor ek van 'n vriend in London dat 'n Zimbabwese kollega van hom beide 'n sokker kaartjie en 'n eerste klas retoer vlug as geskenk by die SA Ambasade gekry het. Help as mens die regte mense ken ...

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...