Staat skuld firma R8 m.

2012-01-24 21:43

’n Maatskappy wat mediese toerusting aan 330 staatsinstellings verskaf, sal teen Maart die helfte van sy personeel moet afdank tensy die Gautengse departement van gesondheid sy skuld van miljoene rande betaal.

Een van die drie vennote in die maatskappy, wat nie genoem wil word nie omdat hy voorheen geviktimiseer is, het gesê hulle het al sowat ses jaar ’n kontrak om toerusting aan onder meer staatshospitale en -klinieke te verskaf.

Al skuld die departement hulle R8,2 miljoen, is hulle verplig om aan te hou voorraad verskaf om te verseker dat hulle hul kontrak behou.

Volgens hom sal hulle hulself in die voet skiet as hulle die staat hof toe te neem omdat die maatskappy die kontrak sal verloor en nooit weer ’n kontrak met die staat sal kry nie.

“Die regering het ’n lang geheue.”

Hy en sy twee vennote het die afgelope jaar nog verbande op hul huise geneem om die maatskappy aan die gang te hou.

“Ons gesinne is heeltyd bekommerd dat ons ons huise gaan verloor. Die situasie is kritiek.”

Hul maatskappy verskaf onder meer verbande om skiet- en steekwonde te behandel, voorraad wat nodig is om steke in te sit en asemhalingsmasjinerie.

Al betaal die departement teen die einde van die maand R802 miljoen van sy skuld aan verskaffers, dek dit net 40% van sy skuld van sowat R2 miljard.

Die departement het gister in ’n verklaring gesê hy sal R108 miljoen aan lede van die Suid-Afrikaanse mediesetoerustingsbedryfsvereniging (Samed) betaal.

Me. Tanya Vogt, bedryfshoof van Samed, het gesê van hul lede het betaling ontvang, maar baie het nog niks gekry nie.

Die departement van gesondheid skuld hul lede R346?miljoen, het Vogt gesê.

Omtrent 20 van dié lede sal verplig wees om hul deure te sluit as hulle nie betaling ontvang nie.

Al is hul lede bekommerd oor hul geldsake en die lot van hul werkers, is die grootste probleem dat noodsaaklike mediese toerusting en produkte nie beskikbaar gaan wees nie.

Mnr. Simon Zwane, woordvoerder van die departement, het gesê hulle hoop om hul skuld aan verskaffers met die tesourie se hulp teen Junie vanjaar te delg.

R600 miljoen is verlede maand aan verskaffers betaal en nog R202 miljoen sal teen die einde van die maand betaal word.

Me. Nomvula Mokonyane, premier, het eergister gesê Gauteng het sedert Desember byna R400 miljoen aan diensverskaffers betaal vir skuld wat sedert 2007 opgehoop het.

“Ons het besluit om 3% van elke departement se begroting te sny om die R700 miljoen-skuld wat nog oor is te delg.”

Al die agterstallige skuld sal hopelik teen 2014 betaal wees, het sy gesê.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bfn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.