‘Stel haar eerder aan as om pos leeg te laat’

2009-11-17 22:38

Kapt. Renate Barnard Foto: Felix Dlangamandla

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dit sou beter wees om iemand in ’n pos aan te stel wat nié die SA Polisiediens (SAPD) se regstellende-aksie-teikens haal nie as om dit leeg te laat.

So het mnr. Abraham Johannes Burger, ’n voormalige lid van die SAPD se nasionale evaluasiediens en voorsitter van die aanstellingspaneel, gister in die arbeidshof in Johannesburg gesê in die geding van kapt. Renate Barnard teen die SAPD.

Barnard, bygestaan deur Solidariteit, eis in die arbeidshof dat sy tot posvlak van superintendent bevorder word en voer aan sy is twee keer (in 2005 en 2006) die bevordering geweier op grond van haar velkleur, terwyl die pos vakant gelaat is omdat geen ander geskikte kandidaat gevind kon word nie.

Die polisie se verweer was eergister dat dit hul regstellende-aksie-teikens nog moeiliker sou maak as Barnard bevorder sou word.

Sr.supt. Johannes Ramathoka, hoof van die SAPD se diensbillikheidseenheid in Pretoria, het toe getuig dat haar aanstelling die haal van teikens vir diensbillikheid op posvlak nege, vir superintendente, moeiliker sou maak.

“Daar is reeds oorverteenwoordiging van wit mense op posvlak nege,” het hy voor regter Paul Pretorius getuig.

Burger het egter gister gesê dit sou beter wees om haar aan te stel as om die pos vakant te laat.

“Dan is daar meer polisielede om die werk te doen en iemand kon weer in háár plek aangestel en bevorder word. Boonop is so ’n aanstelling uitstekend vir polisielede se moraal en skep dit by hulle die gevoel dat al hul harde werk nie verniet is nie.”

Ramathoka het gister gesê die feit dat Barnard nie aangestel is nie, is nie diskriminasie nie. “Niémand is in die pos aangestel nie, so daar is nie teen haar spesifiek gediskrimineer nie. Dis nie asof sy kon sê ’n swart persoon is bo haar aangestel nie.”

Adv. John Grogan wou by Ramathoka weet waarom die pos vir alle beamptes geadverteer word as net kandidate uit die aangewese groepe kwalifiseer.

“Is dit nie baie sinies van die polisie nie?”

Volgens Ramathoka is dit prosedure dat alle lede kan aansoek doen en lê die finale besluit by die nasionale polisiehoof.

Barnard het in 1997 ’n kaptein geword en was sedert 2004 verbonde aan die nasionale inspektoraat.

’n Pos as superintendent is in 2005 en 2006 geadverteer en sy het albei kere aansoek gedoen.

Sy het die hoogste punte verwerf in ’n ondersoek deur ’n keuringspaneel. Die keuringspaneel het albei kere aanbeveel dat sy aangestel word, maar dis telkens afgekeur, eers deur die afdelingskommissaris in 2005 en in 2006 deur mnr. Jackie Selebi, oudpolisiehoof.

Die kommissaris is volgens Ramathoka nie verplig om ’n geadverteerde pos te vul nie.
 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Elantra 1.6 GLS AT MY98
2002
R 72,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2010
R 219,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i D-Cab Raider LWB RB MY02
2007
R 209,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.