Sterf in ritueel: ‘Duiwel wen nie’

2012-02-21 22:47

Me. Sylvia Theologo (links), ma van die vermoorde Kirsty Theologo, en Liesha du Toit, haar niggie, gister buite die Johannesburgse landdroshof nadat die mans en meisie wat van Kirsty se moord beskuldig word, daar verskyn het.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

“God het Kirsty huis toe gebring. Die duiwel het nie gewen nie.”

So het me. Sylvia Theologo gister gesê oor die aand toe haar dogter Kirsty (18) in ’n vermoedelik sataniese ritueel aan die brand gesteek is.

Sy was gister by die Johannesburgse landdroshof vir die verskyning van vyf jong mans en ’n 16-jarige meisie in verband met die voorval.

Die beskuldigdes is mnre. Harvey Isha (23), Lindon Wagner (21), Robin Harwood (18), Jeremy King (18) en Lester Evan Nathaniel Moody (18), asook die 16-jarige meisie.

Hulle staan tereg op aanklagte van moord en poging tot moord.

Hulle het Kirsty glo op 21 Oktober verlede jaar in die suide van Johannesburg aangeval.

Haar 14-jarige vriendin het brandwonde opgedoen toe sy Kirsty probeer help het.

Kirsty het daarna meer as ’n kilometer huis toe gestap.

Sy is sowat ’n week later dood.

“Hulle het almal na my gekyk en van hulle het hul koppe in skaamte laat sak,” het Theologo ná die beskuldigdes se verskyning gesê.

Sy het gesê die vriendin het vertel wat daardie aand gebeur het.

“Kirsty het vir haar lewe geveg. Sy het hulle geslaan. Sy was so dapper.

“Ek is so trots op haar.”

Die saak is vroeër vandeesmaand uitgestel omdat King en Moody met die direkteur van openbare vervolging onderhandel oor ’n moontlike pleitooreenkoms.

Dié onderhandelinge is nog aan die gang en die saak is gister weer uitgestel tot volgende maand.


Kirsty Theologo


Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

hespach sê... ... en vandag is dit 23 Mei 2012 en is ons nog hier, of het ek die jaartal in die berig gemis> Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

JD EDWARDS Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

BA - JDE

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

JD Edwards BA

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Elantra 1.6 GLS AT MY98
2002
R 72,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2010
R 219,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i D-Cab Raider LWB RB MY02
2007
R 209,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.