Steun vir verbod op drankverkope aan minderjariges
2011-07-07 12:00
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Om die ouderdomsperk op die verkoop van alkohol tot 21 te verhoog, sal baie help om alkoholmisbruik te verminder, meen tweederdes van Suid-Afrikaners in 'n peiling.
Meer as 60% van die 500 mense wat in die peiling ondervra is, meen ook daar sal baie minder dronkbestuur-sake voorkom as die wettige ouderdom vir alkoholgebruik 21 is.
Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Bathabile Dlamini, het 'n voorstel ingedien dat die verkoop van drank aan mense onder die ouderdom van 21 onwettig verklaar moet word.
Altesame 90% van respondente meen dat drankmisbruik onder minderjariges is 'n probleem.
Die minister van gesondheid, dr. Aaron Motsoaledi, het in Mei laat blyk dat hy beplan om 'n verbod op alle vorms van drank- en sigaretadvertensies te plaas.
In die marknavorsingsmaatskappy Synovate se peiling het 65% van die mense wat ondervra is, gemeen dit is 'n goeie idee om drankadvertensies te verbied. - Sapa