Stories wat president nie wou hoor

2010-02-25 23:30
Video oor misdaad

Die sanger Steve Hofmeyr troos me. Maria Rasello gister wie se dogter, Portia, aangerand, verkrag en vermoor is. Foto: wayne coetzee

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

“Liewe president, ek wil met jou praat oor my dogter.

“Sy is aangerand, verkrag en vermoor. Ons wil met jou praat, want ons soek die doodstraf terug. Nie net vir my dogter nie, maar vir almal...”

So het me. Maria Rasello, wie se dogter, Portia (26), op 24 Desember 2006 in Soweto vermoor is, gister gesê tydens die bekendstelling van die video The stories of South Africans the president didn’t want to hear.

Dit is gemaak na aanleiding van die herrie wat losgebars het toe niemand die duisende anti-misdaadbriewe wou ontvang op die dag toe pres. Jacob Zuma sy staatsrede gelewer het nie.

Die sanger Steve Hofmeyr is die anker-aanbieder.

Rasello, ’n werknemer van die vakbond Solidariteit, is een van duisende Suid-Afrikaners wie se briewe oor misdaad Zuma se kantoor nie verlede week wou ontvang nie.

Solidariteit het met ’n paar van dié misdaadslagoffers gaan praat en ’n video daarvan gemaak.

Rasello het gesê sy huil nog elke dag oor haar “mooi dogtertjie”. Al is die man wat vir haar hartseer verantwoordelik is vir 14 jaar tronk toe gestuur, maak dit niks beter nie.

“Die president moet crime klaarmaak, nie net vir my nie, maar vir almal,” het Rasello gesê.

Mnr. Ryan Dekenah, wie se ouma, mev. Kitty Botha (83), oorval, vasgebind, gewurg en doodgeslaan is voordat haar aanvallers haar huis in Lyttelton, Centurion, aan die brand gesteek het, het by die president gepleit om na sy mense te luister.

“Hoor mense se harte, want dit is waaroor dit gaan: Om as die leier van die land vir mense om te gee.”

Mev. Leenette Snyman het in trane vertel hoe haar man, Kobus, voor haar en hul drie dogters, Lenika (16) en die tienjarige tweeling Britney en Kendra, doodgeskiet is.

“Hulle (die moordenaars) het hom koelbloedig doodgeskiet. Ek en my kinders is sonder die spesiale persoon in ons lewe.

“Hoe is ek veronderstel om vir my kinders te sorg? My man was die enigste broodwinner. Ons het nodig om iets te doen om die misdaad te stop,” het sy gesê.


- Beeld

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.